Angus, help my met goeie Afrikaanse term

  • 15

Ek wil nie in 'n debakel betrokke raak nie, maar pypmoersleutel is bietjie lomp ...

Hans

  • 15

Kommentaar

  • Hans, noem die ding sommer net 'n pyptang, finish en klaar.

    Terloops, jy bedoel seker jy wil nie in 'n polemiek betrokke raak nie. Debakel is wanneer jy skande gemaak het!

  • Ek weet nie wat Angus gaan sê nie maar 'pypmoersleutel' klink goed; dis een hele lettergreep korter as 'bobbejaanspanner'. Bloot 'bobbejaan', soos hy meestal genoem word, is ook goed.

  • Hans dit is nie polities korrek om die moersleutel 'n "bobbejaanspanner" te noem nie. Die "spanners" gaan jou kom moer, of die moere gaan jou kom "spanner".

  • Tiens Pretorius

    Ek het in 'n goeie Engelse woordeboek gelees die woord "spanner" kom van Duits "spannen" of so iets, waar dit beteken om iets styf te span. Daarom glo ek kan ons in Afrikaans ook praat van "spanner" en dit op Afrkaans uitspreek. In ons groep noem ons Hans se spanner 'n bobbejaanspanner, of mens kan dit seker ook 'n pypspanner noem.

  • Ek lag lekker! As die woord "spanner" van Duits af kom, kan ons dit in Afrikaans gebruik, maar kom dit van Engels af, is dit Ikabod met hom. Nou wil ek weet: met watter taal kom die Afrikaanssprekende die meeste in aanraking? Engels of Duits?

    • Angus, ek lag heerlik saam met jou. Dis nou soos die goeie ou Afrikaanse spreekwoord sê, het jy nou 'n spanner in die works ingegooi!

    • Angus, dis mos nou 'n simpel vraag. Natuurlik kom Afrikaans meer met Engels as Duits in aanraking maar Duits, synde een van die brontale van Afrikaans, se woorde is dus kennelik meer 'Afrikaans' as wat 'n Engelse woord sou wees. Verder hou Duits geen gevaar vir Afrikaans in nie waar Engels op die oomblik besig is om Afrikaans te versmoor. Verstehen Sie?

  • Nou die dag ry ek deur Winterton, op pad na my vakansiehuis in Champagnevallei. By die vulstasie wil 'n verkoopsman assegaaie, skildvelle en knopkieries aan my verkoop. Ek stel toe belang in 'n knopkierie, maar vra die man om vir my te verduidelik waarvoor ek dit kan gebruik. "If you take it by the knob, it is for walking. If you take it by the stick, dis vir moer hom."

  • In die Engels-Afrikaanse woordeboek van HJ Terblanche word monkey wrench vertaal as skroefhamer,moerhamer.

  • Koos Holtzhausen

    My pa was 'n passer en draaier en ek is as 't ware met 'n bobbejaanspênner ( of net bobbejaan) in die wieg gebore. Ek besit nou nog my pa se groot bobbejaan en dit het al telkemale my bas gered as ek iets wat vassit wil losdraai.
    Wikipedia gee interessante feite oor die herkoms daarvan. Die gesaghebbendste verduideliking is:
    The World English Dictionary gives a nautical definition for monkey, as a modifier "denoting a small light structure or piece of equipment contrived to suit an immediate purpose: a monkey foresail ; a monkey bridge."
    In 1840, Worcester, Massachusetts knife manufacturer Loring Coes invented a screw-based coach wrench design in which the jaw width was set with a spinning ring fixed under the sliding lower jaw, above the handle. This was patented in 1841 and the tools were advertised and sold in the United States as monkey wrenches, a term which was already in use for the English handle-set coach wrenches.
    Wikipedia verwys ook na verskeie "hoaxes", oa die Charles Moncky hoax en die Jack Johnson hoax wat 'n mens hier te lande diep in die moeilikheid sal laat beland.
    Ek dink dit is hoog tyd dat die AWS die woord "spanner" en ook die een met die bobbejaan opneem, dalk in Afrikaans uitgespreek.
    Op Stellenbosch het ons 'n gedugte en geliefde professor in Meganiese Ingenieurswese gehad met die bynaam Spanner. Interessant genoeg is die naam nie net te danke aan sy nering nie, want hy was Jacobus Roux Wrensch de Villiers.

    • Koos, jou verduideliking van 'monkey' is interessant. Ek het ook gehoor dat die Engelse uitdrukking "It is so cold it will freeze the balls off a monkey" eintlik verwys na die blad met opgehewe kante (soos 'n skinkbord) waarop die kanonkoëls gestapel was op die ou seilskepe. Die blad was van geelkoper en die koëls van yster. Die uitsettingskoëffisiënt van hierdie materiale het sodanig verkskil dat, wanneer dit koud genoeg was, die blad genoegsaam gekrimp het om nie meer die koëls te kon hou nie.

  • Koos Holtzhausen

    Naskrif: Ek merk op dat "bobbejaansleutel" reeds in die AWS opgeneem is. "Sleutel" word deur puriste vir "spanner" gebruik, maar het nie eintlik inslag gevind nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top