Angus, Ewolusie in Kaapstad?

  • 7

Slaapstad se bobbejane ewoleer op Twitter ... 

Hans Richardt
  • 7

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Die Weskaap-bobbejane is slimjanne. Breek by huise in, eet en vat die pad, sonder om hul gemors op te ruim.
    Moet hul ATM kaarte gee, sodat hul onderhoud kan betaal nou ...
    Die Kaspase van Honiboll is slimmer as wat ons gedink het, wat hul met onnoselgeit vergelyk het. Wys jou nou net wat gebeur as Kapenaars ou bobbejane agter berg gaan haal.

  • Beste Hans,
    Bobbejaan klim die berg, om die boere te vererg
    Hoera! vir die jollie bobbejaan.

    Het jy al daaraan gedink hoekom die bobbejaan die berg uitklim? En het jy al daaraan gedink hoekom die boere hulle juis daaroor sal vererg? Het al daaraan gedink wie die bobbejaan se klimtog met 'n Hoera! toejuig? En, Hans, het jy al daaraan gedink waarom die bobbejaan nou juis jollie moet wees as hy die berg uitgeklim het? Dis dinge waaraan jy moet dink, my vriend, terwyl jy verveeld op jou selfoon tik en wag op jou penshen.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Soos oorlede Hendrik Schoeman,eertydse Minister van Landbou gesê het:"Hoe hoër 'n bobbejaan teen 'n krans uitklim,hoe meer sien jy van sy agterent."

  • hans Richardt

    Daar is niks waaroor ek opgewonde raak oor aftrede nie. Verder, het ek nie tyd in werkdag vir tik of LitNet nie. Net na-ure en naweke.
    'n Paar dekades sou ek opgewonde geraak het, maar wat koop jy vir bv R1 miljoen? 'n BMW met diensplan en versekering? Wat verdien jy bv op R1 miljoen per maand aan rente?
    Wil jy nog na EU Moslem duur lande toe? Wil jy by familie in Australia of VSA of Engeland gaan kuier?
    Ek oorweeg 'n brou- en stookkursus ... Dalk bande herstel ...
    Wat maak jou opgewonde?

  • Beste Hans,
    So 'n klompie jare gelede het ek saam met 'n oom van my, 'n afgetrede kolonel in die polisie, en 'n kollega van hom, om die braaivleisvuur gestaan. Die manne het harde tye belewe, oa geveg in die destydse Rhodesië. Elke keer as hulle so 'n vleisie omdraai op die kole, het hulle gejuig "Lekker ou penshen."

    Lyk my as 'n mens van 'n vervelige sagte joppie gaan aftree, dan sien jy nie daarna uit nie. As jy dan moet, dan wil jy mampoer stook, bande herstel en Everest klim.

    Sterkte met die toekomstige aftrede.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top