Afskeid en vertrek revisited II

  • 0

ek wou handevol oranje-rooi sonskyn gryp
en teen die mure smeer
so wou ek die molekulêre gapings toestop
ek wou keer dat jy daardeur diffundeer
tevergeefs hierdie sonnige vergryp

ek wou jou hart, jou lyf – jou –
in ’n klein-klein wren se verelyfie toevou
so ongelooflik futiel om wat seker ewolusie is te weerhou
om sy ongelooflike, ongebreidelde gang te gaan
jy is toe weg

die karnaval is toe verby
hierdie was seker die laaste koebaai sê
en alleen-wees het saggies
saggies soos ’n mamma by haar nagvrees-kleuter
met ’n bottel wyn, ’n stuk brie en ’n gedig
hier aan die donker kant van die maan
by my, ewige swerwer, kom lê.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top