Afrikaanse "liedjies" by die KKNK

  • 2

Ek kyk gisteraand, soos elke aand, Kyknetnuus (om Afrikaans te hoor) en daarna volg my vrou die sepie Binnelanders. Die kykery gaan toe oor in Fiësta wat oor die afgelope KKNK iets te sê had.

Dit bring my toe waar ek so ’n week of wat terug in die oggend geluister het hoedat Deon Maas oor RSG keel skoonmaak oor die patetiese stand van die Afrikaanse “liedjie”.

Dit wat hy by die KKNK-“fees” gehoor het, is volgens hom, net ’n gedoef-doef, ’n verleentheid. Ekself was nog nooit daar nie - nooit die behoefte daarvoor ontwikkel nie.

’n Maand of wat terug het ek hier gesê dat Afrikaans hom nie tot liedjies leen nie waarop Angus (huistaal Engels) Jan Rap aangepor het om my met “literariese-geweld” van die Sê af te skryf. (Ek vermoed dat hy natuurlik wil hê dat die Afrikaanse “liedjie” ons voortdurend in verleentheid hou.)

Van die Sê afskryf het nie gebeur nie.

Jan het (instemmend) geswyg.

Maas het die oggend die stelling gemaak dat daar nie ’n “Afrikaanse liedjie-genre” is nie.  Ek kan daarmee saamstem. Ek vereenselwig die Afrikaanse “liedjie” met ’n blêr-genre waarin die strofe(s), begelei deur ’n  raserige “band”, “gekomponeer”  word om by herhaling met ’n “hartverskeurende” en emosie-ontlokkende  êêêê/hieêêhieêêê te eindig.

Ek besit nie een Afrikaanse “liedjie” CD/DVD nie.

G’n wonder die SABC se 90% plaaslike inhoud toon ’n R200m verlies binne ’n paar maande nie.

Ek is seker daarvan dat by die tagtig persent plus van Afrikaanse “liedjies” die (rou)liefdes-emosie “ontgin” en gerig is uitsluitlik vir die doel om CD/DVD’s te verkoop en die geld te laat inrol.

En hulle koop dit.

Hoekom is baie van ons mense so na binne gerig, die arme-ek, die (self)smart?

Groetnis,

Raed-na-Gael.

 

  • 2

Kommentaar

  • Ek ken nie vir mnr Maas nie, en wil dit ook so hou. Ek is geneig om my ook nie aan hom te steur nie. Hy het dalk 'n punt beet met sy aanname dat daar nie ordentelike liedjies in Afrikaans geskep word nie. Maar volgens my veralgemeen hy te erg. Nie almal het gemoedsbekakkings om "diep" komposisies onder die Tassies of Paarl Perlé of papagaaislaai uit te worstel nie. Die Ingelse het ook baie oppervlakkige musiekskeppings. So ook die Taljaners, Grieke en watter nasie ook al. Die Afrikaanse musiek het 'n plek, soos die rymkletsers ook 'n aanhangersmark het. Ek weet nie watter oom met sy grys pak en skoene het mnr Maas de moer in gemaak nie, maar "get over it" en beweeg aan pel. Nie alle Afrikaanse musiek is swak nie.

  • Hans Richardt

    Ek is nie erg oor moderne Afrikaanse musiek nie en RSG-bokse nie. Ek hou liewer by Bob Dylan wat deesdae meer soos BB King klink. Ten minste sing hy al so lank, as wat ek oud is oor meer as pampoene en klein bietjie wyn vir die pyn van 'n verlore boks ...
    Ek weet daar is meer Afrikaanse flieks ook wat ek gemis het ...
    Ek moet by sê dat ek 'n jaar terug 'n SA sanger se liedjie Fire to dust gekoop het, na ek my been in jaagtog gebreek het, toe taxi my uitgehaal het. Ek het op my gesig uit rokende kar in plakkerskamp geval ... Ja, daar is SA musiek wat tog by momente in lewe inpas, maar ek gee meeste groot mis ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top