Afrikaans vs streeksdialekte in Nederland en Vlaandere

  • 21

Is daar iets soos Standaardafrikaans vs Haarlem se Standaardnederlands? 

As die standaardtaal aan 'n stad of streek in Suid-Afrika gekoppel kon word, waar sou dit wees? Orania?

  • 21

Kommentaar

  • Volgens Bettina Wyngaardt moet jy in Orania kan Engels praat as jy koeksisters of eiendom wil koop.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, daar is dialek soos Nederduits. Blykbaar is Afrikaans nader aan Standaardnederlands, as vele van die streeksdialekte.
    Maw "Kaaps" is streekdialek gevorm uit die bendewêreld se taal. Ek wonder net aan watter stad iets soos "Standaardafrikaans" gekoppel sou kon word?
    Angus, oor Orania en my assosiasie met Orania sal ek nooit skaam voel nie. Dink jy bv Goodwill Zwelithini voel skaam oor sy assosiasie met Nongoma? Politieke korrektheid-ideologie is soos skuurpapier op Nuweland.

  • As dit dan moet, sou ek sê Standaardafrikaans lê in Durban. Die Afrikaanssprekendes hier is so bewus van hulle taal, dat hulle nie eens hulle motors start nie. Hulle knormoer hom.

  • Beste Hans,
    Waar de joos het ek beweer dat jy moet skaam wees oor jou assosiasie met Orania? Ek wil self Orania toe trek. Dalk is ek dan jou buurman, en dan kan ons so om 'n braaivleisvuurtjie 'n knertsie maak en lag oor die mensdom se Russofobie. Sal miskien net my naam moet verander, begin glo in spoke, engele en die duiwel, my ateïstigheid laat vaar en 'n goeie bygelowige Calvinis word. Miskien moet ek ook my Engels so bietjie opknap, anders sal ek nie eiendom en koesisters daar kan koop nie.
    Groete,
    Angus

  • Angus, ek is 'n Afrikaanssprekende Durbaniet en probeer die suiwerste Afrikaans besig. Hans, jy moenie van Nongoma praat nie, ek is daar in die St Benedicts Hospitaal op 'n jeugdige ouderdom as sieklike brugbaba gebore. Ek is al 'n wit Zoeloe genoem. My noemnaam op die plaas was Nyonyani.

  • Hans Richardt

    Angus, dankie tog, jy ontneem Stellenbosch van hul troontjie ...
    Daar is ’n ander woord vir knormoer, aansitter. Ek sukkel nog met pienk oë ...
    Ek het nog ’n probleem met sommige sg tegniese terme in Afrikaans. Vir my sal 'n Afrikaanse handleiding vir bv herstel van kar, misleidend wees.

  • Beste Hans,
    Sien jy nou? Reusedwerg is my getuie. Aansitter laat my dink aan jare gelede: my ma kon tog so lekker skaapboud, aartappels, rys en blomkool voorsit, en dan was ons almal aansitters aan tafel. Ek het nog nooit iemand met pienk oë gesien nie. Vir pienkoog is goeie oogdruppels net die regte ding. As dit nog te Engelsrig klink, wat van konjuntivitus? Dan sê ons dit kom van Latyn af. Handleidings vir herstelwerk moet ons maar aan die Engelse oorlaat. Netnou lyk Afrikaans te veel na 'n vertaaltaaltjie.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, jy skryf jy het nog inyoni in jou? Dis mos wat Zoeloes lafhartigheid noem ...
    Ek is so jammer om te hoor jy het jou terugslag in lewe in Nongoma gekry ... maar so het Piet Retief ook mos na dronk partytjie.

  • Hans nee, nie inyoni nie maar Nyonyani. Dit is as ek dit reg het klein voëltjie. Het seker te veel sonder doek rondgeloop.

  • Kan ek julle Zulukundiges net reghelp? Inyoni is 'n voël, 'n groot voël, en nyonyani is 'n klein voëltjie.

  • Beste Reusedwerg,
    Ek het maar my tuinier se hulp ingeroep met die Zulu. Jy is 'n Durbaniet, daarom dink ek jou kennis van die taal is beter as myne.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus en Reusedwerg, hoe de hel kom jul twee by grootte van voël of voëltjie uit?
    Die gesprek is so bietjie weggedwaal, maar "size matter" nè?
    Die punt wat ek maak, is dat Nederduits nog steeds streeksdialek is in lae lande naby België, Nederland en Duitsland. Angus het laas jaar gestry oor dialek van Nederduits, ons Calvinistiese wortels in Nederduits Hervormde of Gereformeerde kerke ...

  • Beste Hans,
    Ek wonder of jy nie bietjie sonstraal weg het van die Oraniese son nie. Jy's in elk geval nou heeltemal deurmekaar en die kluts kwyt.
    Eers wil jy weet of daar 'n ooreenkoms (of miskien 'n geveg) tussen en Standaardafrikaans en Standaardnederlands is. Dan vertaal jy die woord 'inyoni' verkeerd en dan wil jy weet hoe de hel ek en Reusedwerg by die grootte van voëls uitkom, want ek het dan glo nog laas jaar gesê Nederduits is nie 'n dialek nie, en ek sou nog gestry het oor die wortels van die Calvinisme.
    Miskien sal dit help as jy 'n handdoek in yswater doop en om jou kop draai.
    Groete,
    Angus

  • Uit Trouw Nederland: "Stond het zware geschut van de oppositie in verhouding tot de staatsrechtelijke zondigheid van de premier in het dividenddebat," vraagt Hans Goslinga zich af. "De opgefokte oppositie heeft nogal wat verantwoordelijkheid op zich genomen door de premier zo snel na de formatie al zo zwaar te beschadigen."

  • Hans Richardt

    FC Boot, jy is gewoonlik so behoudend ...? Nou praat jy van opgefokte? Nogals lekker Afrikaanse(?) leenwoord!

    • Beste Hans
      Nee ek praat nie so nie,dit is jou naamgenoot in Nederland wat so praat,maar ek moet erken dat sekere 'oppositie' se 'zondigheid' plaaslik hul ook ' n 'opgefokte oppositie' maak want hul ' heeft nogal wat verantwoordelijkheid op zich genomen door de Jan van Riebeeck na de formatie van het verversingspost zo zwaar te beschadigen."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top