Afrikaans leef voort

Dit is beter as Spaans
En selfs beter as Frans
Dit is Afrikaans.

Cloete, Langenhoven en Krog,
Boerneef,  Totius en nog.

Digters, dromers, Antjie Somers.

Afrikaans is die taal van die toekoms
met al sy waaroms en hoekoms.

Lekker,  braai en Kromdraai,
waar is nog 'n taal wat so kan laat waai?

Marais, Murray en Leipoldt,
is daar nog 'n taal so pikant?

Skrywers, sangers  en iets anders.

Afrikaans, my taal my trots,
my woordvaste rots.

Meyer, Bloemhof en Matthee,
Botes, Viljoen ... hulle bly aan met gee.

Katoeter, tuimeltrein en toep, 
waar is daar nog 'n taal wat woorde so op roep?

Jonker, Opperman, Brink en Venter, hulle skryf winter, somer, herfs en lente.

Afrikaans my taal, my vriend,
laat die taal se wil geskied.

Afrikaans leef voort
Eie in sy soort.

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top