Twee doktorale studente by die universiteit van Stellenbosch het ’n mosie teen die konvokasie gebring om beswaar te maak teen die afskaling van Afrikaans. Lees reaksies by hierdie miniseminaar. |
|
Interview: Ernst Marais talks to Naomi Meyer about the language debate which once again flared up at the University of Stellenbosch |
|
Pierre de Vos: Ware meertaligheid vereis wegbeweeg van unieke Afrikaanse US "Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is." |
|
Jasper van Zyl: Nie ’n kultuurskans nie, ’n nasionale bate Ek skaam my vir ons woordvoerders wat amptelik verklaar dat taalmonitering op Stellenbosch plaasvind. Dis ’n leuen. In my fakulteit is daar T-opsie-modules waar daar nie ’n woord Afrikaans gebruik word nie: nie in lesings nie, nie in notas nie, nie in die handboek nie. |
|
Jacques du Preez: Ons is besorg oor die US se taalbeleid "Ons is bekommerd oor die afname van Afrikaans op universiteitsvlak, veral by die US, en die implikasies wat dit inhou nie net vir Afrikaans op skoolvlak nie, maar ook die breëre taalgemeenskap, sakewêreld, beroepswêreld en die media in Suid-Afrika, sou dit op universiteitsvlak verdwyn." |
|
Liana Meyer: Die whiteys en hul klassies
"... as jy wil hê jou taal moet erkenning kry en ’n "spot" gegee word, moet jy bereid wees om dit aan ander taalgroepe ook te gun..." |
|
Philip de Beer: Dank die sterre vir Engels "Die feit dat ons onderrig en – nog meer pertinent – ons navorsing al hoe meer in Engels plaasvind, is die rede waarom die US stadig maar seker haar pad terugklou tot in die top 500, waar sy regtens hoort." |
Kommentaar
Afrikaans By US ’n Bate 2013/11/16
Prof Magda Fourie se Repliek (DB By 10e, bl. 6) en Pierre Le Roux (DB By 10e, bl. 2) verwys.
Graag vra ek vir prof Fourie, as Viserektor (Onderrig) of sy erken dat Afrikaans ’n besondere bate by US is, omdat dit, anders as Engels, gemaklike toegang tot Germaanse tale bied?
In hierdie verband die volgende:
Burger 3 Oktober 1929 “Lof Vir Ons Universiteite - Mening van Prof O Abel - Te Weinig Aandag aan Vreemde Tale.” Wat hy oor Stellenbosch skryf, is insiggewend: “... maar ek wil veral Stellenbosch meld. Ek het daar voorlesings in Duits gehou, en die aandag en oplettendheid van die studente het my werklik verbaas. Hulle kon my maklik volg, soos ek duidelik uit hul vrae gemerk het ...”
In die Burger van 18 Oktober 2005, is daar ’n brief: “Die US was nooit eentalig.” Juis. Daar was respek vir ander tale, ook Engels, gewees.
Dit gaan nie by my, of baie ander voorstanders van die behoud van Afrikaans as voertaal, net oor Afrikaans nie. Dit gaan ook oor die feit dat Afrikaans nie die bagasie van eentalige arrogansie saamdra nie.
Omtrent ’n kwart van wetenskaplike literatuur kom op die oomblik uit die derde wêreld. Heelwat hiervan handel oor vakke soos geneeskunde. Werklike uitnemendheid vereis dat hierdie inligting in ag geneem word. Daar kan verwag word dat ’n Afrikaanssprekende student meer vatbaar sal wees vir die begrip dat artikels in tale anders as die voertaal, of voertale, van haar of sy universiteit, belangrik is. Die Iberiese tale, Spaans en Portugees word reeds deur meer mense as Engels gebruik. Vakliteratuur in dié tale gaan toeneem, om nie eers van Sjinees te praat nie.
Selfs waar ’n handboek in Engels is, is vertaling, deur student of dosent, ’n waardevolle intellektuele oefening
Eduard van Dijk