in ‘n dorpie in die wes-kaap
staan strukture en obeliske
uit sand en graniet gebou
maar dit is die inskripsie
by die ingang wat sonder
klank met my praat
dit vertel van ‘n afrika-kind
se taalstryd en sy wroeging
om in die jare voór 1975 te oorleef
gereken as ongeletterd
moes hy in skadu’s bly
want watter nasie sou dan
ooit wou sê dat hy trots was
op sy agterlike kind?
vir die duitsers en britte
was hy ‘n hinderlike
‘n klippie in hul skoen
sy nederlandse pleegma
het haar bes gedoen
om die groei in sy stem
te smoor
maar die taalvegters van tyd
het ingetree, hom gaan haal
daar waar hy in die skadu’s bly
hul het hom gevoed en
met teerheid versorg
tot hy sonder steun
op sy eie bene staan
die kind word toe ‘n man
geen grens óf verbod kon
die woorde keer
wat oor sy lippe stoot
hy het die boere
en boorlinge wat sy pad
gekruis het geleer om sy taal
te lees èn skryf
vir veertig jaar lank staan
die tweede taalmonument
as bewys van die talestryd
tussen die afrika-kind en nederland