Afdwalery

  • 4

So dan en wan loer ek in hier op die web. Ek betrag die vraagstuk van wat was eerste, daai hoender of daai nes vol eiers. Maar meer daaroor bietjie ondertoe.

Soos die web altyd was, begin iets met iets, soos die eier-petalje as voorbeeld. Maar gee 'n hond net bietjie wind, dan loop die gekabbel wye draaie. Hierdie een het 'n draai gaan maak by die evolusie-kafee, toe skuins oor die straat in die bybelhoekie, en daarvandaan net om die hoek na die musieksalon. Klomp van die uitbarstings is nog vasgevang in die verkeer en 'n paar van die pogings om vriendelik en sinvol te wees sit eers vas in een van die moerse klomp potholes. Nou moet ek eers beduie dat ek nie 'n vars rondte oor die toestand van die paaie doer noord van my wil afskop nie. Hu-uh. Glad nie.

Maar so is die ding en dis perdalks oor daai selfde ding dat die werfie nog op een seer been oorleef.

En daai hoender of eier ding, jong die eier was eerste. Daai eier is die spesie, die hoender is net daar vir die eier om mee voort te plant, verder het die eiers geen saak met hom nie.

Duitswester

  • 4

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Duitswester, vir is die vraag oor 10 jaar van nou, of langer, wat eerste was. Kunsmatige intellegensie of die mens se eier, soms is van dié gelê oor geloof vrot.
    Ek dink dat geloof as privaat saak, nie elke vraagstuk feitlik beantwoord nie.

  • Beste Duitswester,
    Wys jou net! 'n Hoender wat nie kekkel nie, se eiers smaak nie lekker nie.
    Groete,
    Angus

  • Angus, ek stem, niks beat 'n werfhoenner so eigers nie, en Hans, warrafok het scrambled eiers met geloof te doen ou?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top