Adverteer

Stuur 'n e-pos aan ads@litnet.co.za vir nog inligting oor advertensies en borgskappe.

For more information regarding advertisements and sponsorships,
email ads@litnet.co.za.
 
Adverteer op LitNet
 
Bestuursopsomming

  • Hierdie voorlegging dien as inligtingsdokument oor LitNet en die advertensiemoontlikhede op hierdie aanlyn-gemeenskap.
  • Waarom LitNet oorweeg, wie lees LitNet en wie kan u handelsmerk bereik deur blootstelling op LitNet?
  • LitNet wil en kan u vennoot wees om u boodskap dinamies, aanlyn en aktief na u teikenmark uit te dra.
  • LitNet bereik ook Suid-Afrikaners wat buite ons landsgrense woonagtig is.


Waarom LitNet?

Aanlyn-gemeenskap met verskillende afdelings

LitNet is een van die grootste aanlyn-gemeenskappe in Suid-Afrika, en bereik ook mense buite die landsgrense. Reeds sedert 1999 is LitNet ’n gevestigde tuiste waar mense saamkom om te debatteer, te leer, te lag en te kuier.

LitNet het verskillende afdelings wat ’n wye spektrum onderwerpe dek – van ernstige debatvoering deur openbaremeningsvormers, literêre gesprekke deur skrywers en lesers, en rubrieke oor byvoorbeeld musiek, kos, die onderwys en boeke, tot lekkerlees-stories, briewe en kompetisies. Naas sy aanlyn-bestaan inisieer LitNet ook projekte in die kultuur- en kunsgemeenskappe. Dit het ’n standvastige verhouding met die gedrukte media, uitgewers, kultuurfeeste en ander kultuurorganisasies.


Omvang van LitNet-werksaamhede, hoe die webwerf gebruik word:

Gemiddelde aantal unieke maandelikse gebruikers

± 70 000 (Maart 2015)

Gratis, weeklikse e-pos-nuusbrief

±7 500 intekenare

Nuwe materiaal

Word daagliks gepubliseer

Ander LitNet-inisiatiewe

LitNet-blogs by www.blogs.litnet.co.za
LitNet Facebook-groep
LitNet Twitter
LitNet Akademies – LitNet se onderafdeling vir akademiese artikels, geakkrediteer by die Departement van Onderwys. Dit is ook ’n Artikel 21-maatskappy.


LitNet: Enkele feite

  • Redaksioneel onafhanklik, bestuur deur internasionaal-erkende skrywer en UK-professor Etienne van Heerden (www.etiennevanheerden.co.za), wat LitNet in 1999 gestig het.
  • Kundige redaksie, ondersteun deur subwerfredakteurs wat spesialiste op hulle onderskeie terreine is.
  • Nuwe inhoud word sewe dae per week gepubliseer.
  • ’n Groeiende aanlyngemeenskap, wat onder andere sakelui, openbaremeningsvormers, mediamense en kunstenaars insluit.
  • LitNet skep vir Afrikaanssprekendes wêreldwyd die geleentheid om kontak te behou met kultuurgebeure in Suid-Afrika. LitNet publiseer egter ook Engelse materiaal. Poësie, kortverhale en rubrieke in Xhosa, Zoeloe en Nederlands word ook geplaas. Dit lok ’n wyer leespubliek na die Afrikaanse omgewing.
  • LitNet is ’n gesaghebbende bron vir die tradisionele media en is dikwels eerste met nuus op die kultuurfront.
  • Internasionaal-erkende bydraers soos Athol Fugard, Achmat Dangor, André P Brink, Jakes Gerwel, Antjie Krog, Abner Nyamende, Patricia de Lille, Breyten Breytenbach, EKM Dido, Koos Bekker, Max du Preez, Koos Kombuis …
  • Deur vernuwende projekte soos Sanlam|LitNet Sing’it, Sanlam-kunsversameling, ATKV|LitNet Skrywersalbum, ens dra LitNet aktief tot die Suid-Afrikaanse kultuurerfenis by.
  • LitNet se materiaal word geargiveer en LitNet dien as ’n internasionaal toeganklike navorsingsbron vir skoliere, dosente, leeskringe, mediamense en gewone lesers.

Advertensiemoontlikhede op LitNet

Keuse van advertensies:

LitNet bied op die oomblik die volgende spesiale tariewe aan:

  • Hoofbord heel bo: 728 x 90 pixels = R7 500 + BTW per maand
  • Blok-advertensie: 300 x 250 pixels = R4 000 + BTW per maand
  • Halfblok-advertensie: 300 x 100 pixels = R2 000 + BTW per maand.

Hierdie advertensies verskyn op die tuisblad en elke ander LitNet-blad (ROS).

Nuusbrief (weekliks gratis versprei aan 7 500 geregistreerde e-posadresse - baie gefokusde mark)

  • Hoofbord heel bo: 728 x 90 pixels = R4 000 + BTW per maand (4 nuusbriewe)
  • Blok-advertensie laer af op nuusbrief: 300 x 250 pixels = R2 000 + BTW per maand (4 nuusbriewe)
  • Klein nuusbrief-advertensie: 160 x 100 pixels = R250 + BTW per nuusbrief (ideaal vir ’n bekostigbare advertensie van bv ’n eenmalige geleentheid)

Pasgemaakte pakkette

LitNet bied ’n verskeidenheid afdelings wat op spesifieke markte gerig is, bv “Boeke en skrywers”, “Leefstyl”, “Akademies”, “Vermaak”, ens. Hierdie gefokusde marksegmente bied uitstekende advertensie- en bemarkingsmoontlikhede.

Die LitNet-span sal pasgemaakte pakkette saamstel volgens jou behoefte en begroting. Kontak ons gerus vir alternatiewe advertensiegroottes of projekborgskappe.


Let asseblief op die volgende:

  • Een LitNet-artikelblad per advertensie is beskikbaar vir die plasing van nog inligting. Die advertensie kan deurskakel na hierdie blad of enige URL wat deur die adverteerder verskaf word.
  • LitNet sal ’n eenvoudige advertensie ontwerp, maar verkies dat die advertensie deur die adverteerder verskaf word.
  • Alle tariewe sluit agentekommissie in en BTW uit.
  • LitNet behou die reg voor om adverteerders en advertensies te keur.
Top