ABSA KKNK 2013 Virtuele Kunsgalery: Stephen Rosin

  • 0

Virtuele Kunsgalery: Silence is Golden deur Stephen Rosin (solo-uitstalling)

Die wenner van die 2009 ABSA l’Atelier, Stephen Rosin, sal sy ABSA KKNK-debuut by hierdie jaar se fees maak met ’n solo-uitstalling met die prikkelende titel “Silence is Golden: Political Language, Euphemism and Bullsh#t”.

Kenmerkend van hierdie bekroonde kunstenaar, fokus die uitstalling op die subtiele gebruik van satire en gevatte sêgoed om die draak te steek met, wat Rosin sien as, die bedrieglike natuur van gesag.

Klik op die foto's hier onder vir vergrotings.

Verkope open 29 Maart 2013. Kontak Muriel Krige vir nog besonderhede: 073 294 6566. Aankoopvorms hier beskikbaar.

 

Shadow Game
Pen, ink en potlood op byewas-geïmpregneerde koerantpapier
66 x 33 cm
R4 200
Welcome to the age of Austerity
Potlood, teebeits en goue spuitverf op papier
54,5 x 77 cm
R10 600
Massacre/Tragedy
Digitaal-gemanipuleerde afdrukke op doek
145 x 55 cm
R16 800
Alle wins uit verkope van hierdie werk word geskenk aan die Sixteen Eight-herdenkingsfonds vir die kinders van die Marikana-tragedie.

 

Lees nog oor Stephen Rosin

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top