Aardklop Pronk Podium: Wenners bekend gemaak

  • 0

Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek, Pronk Podium, skep ’n platform vir jong teatermakers.

Ses produksies, die top drie tienerproduksies (wat gekies is uit die Tshwane- en Noordheuwel Toneelfees) sowel as die top drie studenteproduksies van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, het die geleentheid gekry om by vanjaar se fees op te tree.

Meer as 80 tiener- en studenteproduksies het vir die projek ingeskryf.

Die wenners is Donderdagmiddag (5 Oktober) by Aardklop Nasionale Kunstefees bekend gemaak. Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder sê, “Die fees besef die waarde daarvan om te belê in jong talent en die teatermakers van môre. Dit het tot die ontstaan van die Pronk Podium gelei.”

Die wenners sluit in:

 

Beste algehele tegniese versorging:

Tienerproduksie -  My planeet deur Potchefstroom Gimnasium

Studenteproduksie -  SPEL deur Patria Manskoshuis

Beste regisseur:

Tienerproduksie - Pierre-André Viviers vir My planeet deur Potchefstroom Gimnasium 

Studenteproduksie - Pierre-André Viviers vir Droom deur Klawerhof Dameskoshuis  

Beste aktrise:

Tienerproduksie - Zandelle Meyer van My planeet deur Potchefstroom Gimnasium 

Studenteproduksie -  Veronica Ramokgoname van Droom deur Klawerhof Dameskoshuis

Beste akteur:

Tienerproduksie - Christo Horn van My planeet deur Potchefstroom Gimnasium 

Studenteproduksie - Leon Claasen van SPEL deur Patria Manskoshuis 

Top-3 produksies:

3de plek - Tienerproduksie - Hoërskool Zwartkop met Hunk24 en Babe11

3de plek - Studenteproduksie - Vergeet-my-nie Dameskoshuis met Huis

2de plek - Tienerproduksie - Hoërskool Eldoraigne met KZ

2de plek - Studenteproduksie - Patria Manskoshuis met SPEL

1ste plek - Tienerproduksie - Potchefstroom Gimnasium met My planeet

1ste plek - Studenteproduksie - Klawerhof Dameskoshuis met Droom 

Algehele beste produksie

Klawerhof Dameskoshuis met die produksie Droom.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top