Aardklop 2016: 10 redes hoekom jy daar moet wees

  • 0

1. Nico Scheepers se drie produksies, insluitend die debuut Mamre 

Nico Scheepers is nie regtig die "new kid on the block" nie, maar feesgangers sou eers onlangs baie van hom begin lees het. Nico skep 'n ongelooflike visuele wêreld met al sy produksies. Sy drie produksies op die fees is Amper Vrystaat, Rooivalk en Mamre.

Bespreek: Amper Vrystaat | Rooivalk | Mamre

aardklop1

2. Skets-komedie

Ons kan nie aan 'n beter manier dink om elke aand jou feesdag af te sluit as in die geselskap van die land se beste komediante nie. Schalk Bezuidenhout (Hotel, Die Kliek) is vir die eerste vier aande die seremoniemeester en dan is dit Melt Sieberhagen en Hannes Brummer.

Bespreek: Scalk Bezuidenhout | Die Flying Dutchman

aardklop2

3. Gesprekke

Die ATKV-Boeke-oase is die bymekaarkomplek vir boekgesprekke en diskoers. Die gesprekke-reeks gaan elke dag afskop om 08:00 met die kykNET Aktueel-gesprekke onder leiding van Waldemar Pelser (kykNET Verslag), Kabous Meiring (Prontuit) en Divan (Winslyn). 09:00 is dit die Academia-gesprekke gevolg deur die boekgesprekke. Die volledige program is beskikbaar op www.potchfees.co.za

4. Intieme teater

Hierdie venue bied die geleentheid vir 'n meer intieme musiek-ervaring met oa Luna Paige, Jannie du Toit  en Laurinda Hofmeyr. Hierdie beloof om 'n baie spesiale ervaring te wees. 

brel

Bonjour Monsieur Brel

Die liedjies van Jacques Brel gesing deur Jannie du Toit in Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands met begeleiding deur klavier en trekklavier (Coenraad Rall), tjello (Susan Mouton) en kitaar (Jannie du Toit).

Roots Intiem: 4 Okt 13:00 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 10:00 | 7 Okt 13:00 | 8 Okt 10:00

Tydsduur: 80 min | R130

Bespreek

herman

Herman van den Berg & Mauritz Lotz

Herman van den Berg (tweemalige SAMA-finalis) span saam met die ikoniese kitaarspeler Mauritz Lotz om ʼn musikale ervaring soos min te skep!

Roots Intiem: 4 Okt 19:00 | 5 Okt 10:00 | 6 Okt 16:00

Tydsduur: 70 min | R110

Bespreek

laurinda

Laurinda Hofmeyr – Wat ek wou sê

In hierdie vertoning speel Laurinda veral musiek van haar nuutste Ghoema-benoemde album, wat ek wou sê. Sy word oudergewoonte ondersteun deur baskitaar-legende Schalk Joubert en Kevin Gibson op dromme.

Roots Intiem: 4 Okt 10:00 | 5 Okt 13:00

Tydsduur: 70 min | R120

Bespreek

luna

Luna Paige in solosang

Luna Paige se musiek is opreg, eiesoortig en topklas. Haar musiek is verweef met stories terwyl haar stem aandag vereis en diep sny tot in enige luisteraar se gevoelswêreld.

Roots Intiem: 6 Okt 13:00 | 7 Okt 19:00 | 8 Okt 13:00

Tydsduur: 70 min | R120

Bespreek

sixty

Sixty – Love: Op reis met Joan Hambidge 

Joan Hambidge word 60 in September 2016. Babette Viljoen en Olga Leonard neem ’n blitsreis deur 20 bundels en meer as 600 gedigte met toonsettings; vertellings en voorlesings deur Alanka Craffert. Moontlik gemaak deur Dagbreek Trust.

Laerskool Mooirivier: 4 Okt 14:30 | 5 Okt 15:00 | 6 Okt 17:00 | 7 Okt 20:00

Tydsduur: 60 min | R100

Geen O/10 (T)

Bespreek

steffie

Steffie, die Hoenderboer en die Snaarman

Steffie le Roux, die Hoenderboer en die Snaarman is ’n vars en vrolike debuutproduksie met heerlike stories en ongelooflike musiek. Die meeste musiek is oorspronklik geskryf deur Le Roux wat in Junie 2016 haar debuutalbum vrygestel het. Met Steffie le Roux, Werner Ferreira & Mauritz Lotz.

Roots Intiem: 4 Okt 16:00 | 5 Okt 19:00 | 7 Okt 10:00 | 8 Okt 16:00

Tydsduur: 70 min | R110

Bespreek

5. Die Bult

Die feesterrein is terug op die bult! Daar is honderde stalletjies om van te kies en natuurlik die kykNET-musiekverhoog en die ATKV-verhoog. 'n Dagkaartjie is R20 en week-toegang is R60. Dit is te koop by die feeskantoor, 69 Molenstraat, of by die ingange van die feesterrein. Kinders onder 12 kom verniet in. 

Die terrein open soggens 9:00 en maak in die aand 21:00 toe.

Computicket funksioneer vanaf hulle mobiele kantoor op die hoek van Esselen- en Rissikstraat, NG Bult-gemeente, asook vanuit die Aardklop-kantoor in Molenstraat 69.

6. Visuele Kuns

Hierdie is 'n groot hoogtepunt. Daar is kunstenaars van regoor die wereld wat hierdie jaar hul werk by Aardklop ten toon stel. Daar is ook die #sitditaf-uitstalling wat die kuns van verset ondersoek. Klik hier vir die program.

 visueel

7. Pendeldiens

Die fees se pendeldiens maak dit maklik vir feesgangers om na hul onderskeie vertonings te gaan. Maak beslis hiervan gebruik. Die Pendelstasie is op die hoek van Esselen-en Rissikstraat, die NG Bult-gemeente.  Daar is verskillende roetes na die onderskeie venues waar produksies aangebied word.  R10-00 per rit.

8. Sandra en John / Tobie en Gerben

Twee akteurspare is weer vir die eerste keer in 30 jaar saam op die verhoog. Tobie Cronje en Gerben Kamper deel weer die verhoog na jare in die weg-hol sukses produksie Ooms. Sandra Prinsloo en die legendariese John Kani is ook weer saam te sien na 30 jaar in die produksie So ry Miss Daisy. Saartjie Botha het die vertaling van die teks behartig en Christiaan Olwagen is verantwoordelik vir die regie.

missdaisy

So ry Miss Daisy

Die Afrikaanse première van die Pulitzer-bekroonde drama Driving Miss Daisy. Die bejaarde Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun ’n chauffeur, genaamd Hoke, aanstel om met haar rond te ry nadat sy haar motor afskryf. Hoke en Daisy se reis duur uiteindelik 25 jaar en hul vreemde verhouding boei ten spyte van destydse kleurgrense en sosiale stand. Met onder andere Sandra Prinsloo en John Kani. Regie deur Christiaan Olwagen. Debuut.

kykNET Gimmies: 4 Okt 20:00 | 5 Okt 09:30 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 20:00 | 8 Okt 09:30

Tydsduur: 110 min | R150

Bespreek

ooms

Ooms

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland. Hierdie is egter nie ʼn gewone ouetehuis nie – eerder ʼn tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ hier uitkom, is in ’n doodskis. Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van ’n indrukwekkende ontsnappingsplan! Die Ooms is slim, snaaks en klaargepraat!

Totiussaal: 4 Okt 09:30 | 5 Okt 09:30 | 6 Okt 15:30 | 7 Okt 20:00 | 8 Okt 16:00

Tydsduur: 75 min | R130

Geen O/14 (T)

Bespreek  

9. Kindervermaak

Daar is heerlike kindervermaak by ons Roots-lokaal, met 'n koffie-winkel waar ouers kan ontspan. Daar is ook kinderteater soos Liewe Heksie en die rolskaatse en In die land van Kamalielie. Hierdie vind alles onder een dak plaas. Dan is daar natuurlik Heidi wat familievermaak is, met topakteurs soos Dawid Minnaar, Tobie Cronjé en Albert Maritz in die rolverdeling.

heidi

Heidi

’n Musikale weergawe van Heidi. Kom beleef haar avonture as sy saam met bokwagter Peter en Snoekie die bokkie oor berge huppel. Volg haar spoor na Frankfurt waar sy en vriendin Klara onder Juffrou Rottenmeier deurloop. Eindig die reis by Oupa waar die heilsame Alpe vir Klara genesing bring. Uitbundig soos die jeug en hartroerend soos die herontmoeting met ’n ou vriend - kom huppel saam op bekende paaie. Met onder andere Tobie Cronje, Dawid Minnaar en Ilze Klink.

Sanlam Ouditorium: 4 Okt 14:00 | 5 Okt 14:00 | 6 Okt 09:00 | 7 Okt 14:00 | 8 Okt 09:00

Tydsduur: 80 min | R120

Bepreek

gertjie

Gertjie die brandweerertjie

Gertjie is ’n grasgroen ertjie met ’n groot droom. Hy wil ’n brandweerman word. Die ander ertjies dink hy is nie lekker nie, maar Gertjie glo vas sy droom kan waar word. Nou moet hy net sorg dat hy nie geëet word voordat hy sy doel bereik nie.

Roots: 4 Okt 09:30 | 5 Okt 09:30 | 6 Okt 11:30

Tydsduur: 45 min | R60

Bespreek

gretha

Gretha Pers

Gretha Pers is ’n komiese interaktiewe teaterproduksie vir die hele gesin wat gehore oraloor laat krul van die lag en smeek vir nog.

Roots: 7 Okt 09:30 | 8 Okt 14:00

Tydsduur: 45 min | R60

Bespreek

kammilie

In die land van Kammalielie

Kom kuier saam met Anna Davel en Nastassja Pretorius in die Land van Kammalielie en help die verdwaalde houtfeetjie Klara tot sy weer veilig in haar huisie is saam met Kieliekabouter en al haar kleurvolle Kammalielie-vriende.

Roots: 6 Okt 09:30 | 7 Okt 14:00 | 8 Okt 09:30

Tydsduur: 55 min | R60

Bespreek

heksie

Liewe Heksie en die rolskaatse

Haai oe! Ampertjies het die nare ou Geelheks die Aardklop-fees laat verdwyn, maar toe wiks Levinia haar met die besem en siedaar! Die heldin van oud en jonk is terug om haar verjaarsdag in Potchefstroom te vier. Met Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse.

Roots: 4 Okt 11:30 | 5 Okt 11:30 | 6 Okt 14:00 | 7 Okt 11:30 | 8 Okt 12:00

Tydsduur: 50 min | R60

Bespreek

 tienertonee

10. ATKV-Tienertoneel

Die ATKV-Tienertoneelfinaal word vanjaar vir die 10de keer tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied.

Die Top-16 produksies uit ongeveer 200 sal hul passie vir teater uitleef tydens die finaal van dié kompetisie wat ten doel het om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoërskoolleerders te kweek en ook om kreatiwiteit en talent te ontwikkel en ontgin. 

Gróót name soos Anél Alexander, Christo Davids, Francois Toerien, Jacques Bessenger, Jak de Priester, Patrick Shabangu, Pedro Kruger, Roeline Daneel, Viljé Maritz en Cantina James het hul talente geslyp op die ATKV-Tienertoneelverhoog en vanjaar is geen uitsondering nie tydens die 52ste bestaansjaar van die ATKV se oudste projek. 

ATKV Volkskool: 5 Okt 09:00n Groep 1, 11:30 Groep 2, 14:00 Groep 3, 16:30 Groep 4 | 6 Okt 09:00 Groep 1, 11:30 Groep 2, 14:00 Groep 3, 16:30 Groep 4 | 7 Okt 12:00 Finalis 1, 13:30 Finalis 2, 15:00 Finalis 3, 16:30 Finalis 4, 18:00 Finalis 5 | 8 Okt 11:30 Naaswenner & Wenner

Tydsduur: 100 min | R70

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top