"Op so ’n reënerige aand kom klop Jahn aan ons voordeur. ’n Mediumgrootte kartonboks met al sy aardse besittings onder die arm. Papnat gereën. In sy oë is die uitdagende reguit kyk van familiebloed wat dikker as reënwater in ons harte klop."
"Die gedagte wat ek toe vandeesweek moes leer aanvaar, is dat daardie selfversekering wat so uit die rubrieke gestraal het, net ’n front was. Die man daaragter was diep onseker van homself en sy rol binne die konteks van populêre musiek."