Op skool kon Annie Klopper nie Wiskunde slaag nie. Al wat sy wou doen, is na musiek luister en skryf. Toe los sy Wiskunde en word ’n rockjagter. Gewapen met ’n kamera, gemik op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Taxi Violence het op Sondag 19 Februarie 2012 by Kirstenbosch gespeel. Annie Klopper was daar, gewapen met haar kamera.
Onreg en swaarkry en vervreemding word skerp en genadeloos aan die kaak gestel, baie rappers het ’n skerp sintuig vir ironie, satire en fabulering.