Besoek die ABSA KKNK se tuisblad
Jou eenstop virtuele galery van uitstallings by vanjaar se ABSA KKNK. • Inligting oor al die uitstallings • Virtuele kunsgalerye • Aankoopvorms
Woon gerus die daaglikse kunsrondleidings en besprekings deur Sandra Hanekom, die Visuele Kunskurator, by vir ’n meer deurdagte en holistiese ervaring van die uitstallings.
The Seven Deadly Virtues / Die SeweDodelikeHoofdeugde uitstalling fokus op die kontemporêre gedagte van die konsep van die sewe dodelike hoofdeugde, waar ons ons eie sondes as deugdelike eienskappe vermom.
Die wenner van die 2009 ABSA l’Atelier, Stephen Rosin, sal sy ABSA KKNK debuut by hierdie jaar se fees maak met ‘n solo-uitstalling met die prikkelende titel “Silence is Golden: Political Language, Euphemism and Bullsh#t”.
Die meeste van Gutter se werk word gewy aan 'n toenemend wyer begrip en interpretasie van die idee van ons daaglikse bestaan op die randjie van gevaar.
Met Skilder met Woorde III is daar aan sewe beeldende kunstenaars en digters opdrag gegee om ’n kunswerk en gedig te skep rondom die tema – “1 2 3 blok myself!”.
Koch werk met digitale manipulasie van beelde en skep ryk visuele en multi-dimensionele kunswerke waarvan die titels baie belangrik is.
’n Reeks werke wat die kwintessensie van verhoudings tussen mense en mense en objekte verken.
Theo Kleynhans, bekende kunstenaar en kurator bring vanjaar ‘n uitstalling van sy eie werk na die ABSA KKNK.
BRUNDYN+GONSALVES bied met trots ’n keur uit Tom Cullberg se abstrakte skilderye en omslagportrette vir die ABSA KKNK-kunsuitstalling aan.
Velvet het meer te make met ’n hart- en sielsbegeerte en vervulling as met bloot die vleeslike.
Na aanleiding van die suksesvolle Leonard Cohen Altaarstuk-uitstalling, kureer Gordon Froud ’n nuwe groepuitstalling gebaseer op die lewe en lirieke van Tom Waits.
Die Visuele Kunsprogram vir 2013 fokus op die rol van die kunstenaar as boodskapper vanaf die onderbewussyn of onderwêreld.
Diane Victor “praat” deur haar werke; haar “woorde” ontbloot die bogtery, onheil, ellende en duisternis wat skuil in die menslike hart.
In Vergete verledes word deur olieskilderye onder meer gefokus op die geskiedenis van Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe.
Skilder Olaf Bisschoff stel ’n private biblioteek voor, deur ge-dekonstrueerde boeke as skilderdoek te gebruik en in kunswerke te omskep.
Moleskine is ‘n Italiaanse reeks hoë kwaliteit notaboeke en sketsboeke wat vervaardig word in Milan. Kunstenaars het tekeninge, voorbereidende sketse en proto-tipes gemaak. Die gekose tema was “Introspeksie”.
Die titel van die uitstalling, Me.Ek, is geïnspireer deur die belangrike rol wat die sosiale media vandag in ons lewens speel.
Met die Befoxycated, etc.-uitstalling vier Annelie van der Vyver die verhouding tussen verskeie generasies en hulle foksterriërs.
Dit is met trots dat die ABSA KKNK 2013 optree as gasheer vir die 2011 wenner van die ABSA l’Atelier, Ian Grose.
“You belong with us if they think you are a man but you are feeling like a lady.”
Vanitas 2013 poog om hierdie ou-wêreldse tema in hedendaagse Suid-Afrikaanse skilderkuns raak te sien, met 'n lys van gevestigde en belowende kontemporêre skilders op die uitstalling.