Wêreldwyd is daar ’n groeiende belangstelling in Suid-Afrikaanse kuns en in die uiteenlopende skeppingsprodukte wat gelewer word. Die belangstelling was altyd daar, maar het met die kulturele-isolasie-jare gekwyn. In Suid-Afrika is daar nie openbare kunsmuseums wat ’n oorsig van Suid-Afrikaanse kuns kan aanbied nie. In hierdie konteks voorsien enkele korporatiewe versamelings in hierdie behoefte. Die fokus van hierdie reeks artikels is Suid-Afrikaanse kunswerke in die Sanlam-versameling, wat uit meer as 2 000 werke bestaan. Die werk is verteenwoordigend van Suid-Afrikaanse kuns vanaf die 19de eeu tot vandag. Met hierdie reeks artikels wil LitNet en Sanlam 'n oorsig oor Suid-Afrikaanse kuns bied. Die eerste in die reeks ondersoek korporatiewe kunsversamelings, waarna verskillende temas belig sal word. Het jy 'n vraag oor Suid-Afrikaanse kuns? Stuur jou vraag aan kuns@litnet.co.za en ons sal, in samewerking met Sanlam, die antwoorde probeer verskaf. Indien jy enige navrae het oor die kopiereg van die afbeeldings van kunswerke soos gebruik in hierdie projek, rig asseblief jou navrae aan kuns@litnet.co.za.
Klik hier om na 'n seleksie van die kunswerke in die Sanlam-versameling te kyk.
Diane Victor het haar gevestig as ’n hooffiguur in die Suid-Afrikaanse en internasionale kunsgemeenskap.