Michael le Cordeur dien sedert November 2011 as voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR), en is ook ’n onderwyskundige van Stellenbosch. Hy is die skrywer van etlike skoolhandboeke en sy navorsing handel oor die verbetering van lees met behulp van die inligtingstegnologie (PhD) en die insluiting van die media in die skoolkurrikulum (MEd). Hy het ook die Senior Bestuursprogram aan die Nagraadse Bestuurskool van Stellenbosch voltooi. Hy is voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en die Breytenbach Sentrum, dien as raadslid van die Afrikaanse Taalmuseum en die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, en is ‘n trustee van die Naspers Bemagtigingstrust en die Het Jan Marais Fonds. Hy is deur die SA Akademie bekroon met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot die onderwys.
"Die vernaamste kritiek op Kadalie was onlangs deur die politieke wetenskaplike en rubriekskrywer Amanda Gouws korrek opgesom."
Toe ek baie jonk was, het ek vir ’n Amerikaanse sielkundige gewerk wat motiveringskursusse by sake-ondernemings aangebied het. Volgens dr Cook was die grootste gaping tussen die Eerste en Derde Wêreld hul persepsies ...