Gustaf Pienaar is 'n boorling van Brits, 'n oud-Volkie (Heidelbergse Hoër Volkskool) en een van die pionierstudente (1968) van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), deesdae UJ. Na 'n loopbaan van 11 jaar by die SAUK as omroeper by die destydse Afrikaanse radiodiens en later as bestuurder: Uitsaainavorsing het hy hom as prokureur bekwaam en 27 jaar lank in daardie hoedanigheid te George gepraktiseer. Hy is in 2012 as advokaat van die Hooggeregshof toegelaat, maar koester geen ongesonde ambisie om aktief as sodanig te praktiseer nie – daarvoor put hy te veel vreugde uit sy aftreejare te Vleesbaai, saam met Corlina, sy vrou van byna 40 jaar. Hul het drie kinders en daar is ook al 'n drietal kleinkinders.
"In die lig van die besondere feite van die sake onder bespreking word die regsposisie in Suid-Afrika wat die betwisting en erkenning van vaderskap betref, ook onder die loep geneem en met Europese tendense vergelyk."
Sonder ’n terugvoer na die basiese beginsels van Wiskunde-onderrig gaan dit moeilik wees om prestasie in hierdie vak te verbeter – en daarom het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) sy fokus na Wiskunde verskuif, skryf Danie van Wyk.
"Ek wonder soms of die politici van die Nasionale Party onder dr DF Malan, wat in 1933/34 gestig is, ooit apartheid as ’n radikale ideologie sou ontwikkel het as dit nie was dat die NGK in 1935 vir hulle ’n bepaalde, baie verleidelike weg aangewys het nie."
"Sedert die indiening van die eerste weergawe van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in die parlement in 2008 was die vet in die vuur ..."
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.
"Ek kry die indruk uit die bundel as geheel dat die teoretiese besinnings die leser tot nadenke stem, terwyl die toepassing op literêre tekste nie altyd oortuigend is nie."
Kookboekskrywers kon nie uitgepraat raak oor Sydda Essop se Karoo Kitchen nie. Chrizane van Zyl skryf oor dié gesprek tydens die Franschhoek Literêre Fees.