Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe | Basiese wetenskappe)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) > LitNet Akademies (Natuurwetenskappe | Basiese wetenskappe)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van basiese natuurwetenskaplike aard. Die been is, naas Toegepaste Natuurwetenskappe, ’n onderafdeling van LitNet Akademies (Natuurwetenskappe). Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe | Basiese wetenskappe) skakel nou met LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) en die onderafdeling Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe en Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R15 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde natuurwetenskappe-artikel direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.


Natuurwetenskappe-redakteur
Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch
E-pos: rednatuur@litnet.co.za
Bioskets

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats
Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren
2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.


Lees artikel | Read article
 
LitNet
article

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren

In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.