Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van natuurwetenskaplike aard. Die been word verdeel in twee onderafdelings Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe en Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R15 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde natuurwetenskappe-artikel direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.


Natuurwetenskappe-redakteur
Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch
E-pos: rednatuur@litnet.co.za
Bioskets

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats
Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren
2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.


Lees artikel | Read article
 
Dagbreek Trust
LitNet
article

Om ’n deeglike “aanmaning van sterflikheid” te kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach

Adéle Nel

"My uitgangspunt is dat relasionaliteit op tweërlei wyse in Die benederyk manifesteer: as ’n ontologiese verwantskap op persoonlike vlak tussen mense (hetsy met betrekking tot familie- of vriendskapsbande), en ook as ’n ontologiese verwantskap tussen spesifieke kunstenaars deur die eeue heen."

article

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren

In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.

article

LitNet Akademies (Regte): Inligting

LitNet

LitNet Akademies (Regte) is nou oop vir voorleggings.