Jason Lloyd is ’n gesoute joernalis met ervaring in sake-, kuns-, munisipale en politieke joernalistiek. Hy is ’n bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV), is ook bekend as rubriekskrywer, en het reeds ’n aantal kortverhale gepubliseer. Hy is tans kommunikasiebestuurder van die Oos-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke.
Die onlangse ontmoeting tussen die ANC en ‘n groep verteenwoordigers van akademici, kerkleiers en Afrikaanse organisasies wat op 8 Mei in Sandton plaasgevind het, het tot baie kommentaar en selfs snedige opmerkings aanleiding gegee. Michael le Cordeur verduidelik waarom die ATR aan die gesprek deelgeneem het.
Toe ek baie jonk was, het ek vir ’n Amerikaanse sielkundige gewerk wat motiveringskursusse by sake-ondernemings aangebied het. Volgens dr Cook was die grootste gaping tussen die Eerste en Derde Wêreld hul persepsies ...