Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Al jou gunsteling-skrywers is op een plek vergader.
Wanneer iemand so snaaks is soos Nataniël, vergeet jy soms wat ’n goeie waarnemer hy is. Om nie te praat van sy skryftalent nie. Nicky & Lou herinner mens aan albei dié feite.
Chanette Paul se Daveltjies, soos dié reeks oor die Davelvroue onder lesers bekend staan, is pas op aanvraag heruitgegee met pragtige, nuwe omslae.
Met die publikasie van die boek Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder (2011) het die joernalis Hanlie Retief ’n (werklike) figuur die (fiktiewe) wêreld van die lettere ingedra en so aan hom byna mitiese statuur verleen. Dit gee aan die belangstellende leser die geleentheid om hom met ander mitiese speurders te vergelyk.
Naudé se debuutbundel kortverhale beloon eweneens daardie leser met ’n voorkeur vir verhale wat minder antwoorde as vrae bied: hoogstens ’n spoor, ’n bekoorlike moontlikheid van wat alles in hierdie digverweefde teks opgesluit lê.
"Ek het Donker plekke met oortuiging toegevou nadat ek die laaste verhaal gelees het. ... Die vraag is egter of lesers wat nuut tot die misdaad- en spanningsgenres sold sal wees op dié versamelbundel, en die antwoord is ’n moeilike toffie om te kou."
"Wat is dit met Bennie Griessel? Gaan hy ewig die martelgat bly, al is hy nou ’n Valk?" Martie Retief Meiring lees sonder ophou aan 7 Dae.
Uitgewer Etienne Bloemhof gesels met Joan Hambridge tydens die bekendstelling van Lot se vrou