Etienne van Heerden – Uitvoerende redakteur | Executive Editor
 |
Etienne van Heerden is skrywer en Hofmeyr-professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 aanlyn gegaan het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn-boekejoernaal aan 24.com gemaak het. Sedertdien het hy LitNet uitgebou en bestuur. Hy dien as redakteur en mede-eienaar van LitNet in die LitNet-bestuurskomitee en is ook besturende direkteur van die art 21-maatskappy LitNet Akademies, wat die geakkrediteerde inhoud in LitNet se node vir akademiese skryfwerk bestuur.
Kontak Etienne by etiennev@mweb.co.za as jy ’n skerp idee vir ’n nuwe LitNet-projek het.
Klik hier vir Etienne se webwerf. |
Martin Geldenhuys – Bestuursrekenmeester | Accountant
 |
Martin Geldenhuys het ’n BComm-graad in finansiële bestuur en is ’n geoktrooieerde bestuursrekenmeester (ACMA). Hy werk tans as ’n bestuursrekenmeester by 24.com en is al vir meer as drie jaar aan die rekeningkundige kant betrokke by LitNet. Hy woon in Kaapstad. Hy dien in LitNet se bestuurskomitee en is 'n direksielid van die art 21-maatskappy LitNet Akademies.
|
Jos Floor – Regsadviseur | Legal advisor
 |
Jos is ’n korporatiewe prokureur en fokus op die tegnologiesektor. Hy het ondervinding op die gebiede van waagkapitaal, aandeelhouersverhoudinge, samesmeltings, regulatoriese advies, nakoming, intellektuele eiendom en privaatheid van persoonlike inligting. Jos geniet nuwe uitdagings en help kliënte graag om vernuwende oplossings te vind vir probleme waarmee jong, snelgroeiende besighede gekonfronteer word.
Hy het in Potchefstroom grootgeword en gestudeer – regte en internasionale politiek – en daarna via Nederland sy wortels in Stellenbosch laat skiet.
Jos is ’n direkteur van LitNet Akademies.
Besoek www.floorswart.com. |
Ronel Terblanche – Finansiële bestuurder | Finance Manager
 |
Ronel Terblanche behaal ’n BJuris aan Unisa. Sy was voorheen ’n regsadviseur by SA Housing Trust en mediakoördineerder by die reklamefirma PdeV. Sy is sedert 2000 betrokke by LitNet, ook as produksie- en kantoorbestuurder. Ronel is 'n sakevrou-entrepreneur in die Boegoe-bedryf. Besoek Cape Moondance. |
Naomi Bruwer – Senior Inhoudsbestuurder | Senior Content Manager
 |
Naomi Bruwer het ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen projekbestuurder van die US Woordfees en het in 2005 by LitNet aangesluit.
Kontak Naomi by naomibruwer@litnet.co.za vir navrae oor:
• algemene aangeleenthede
• advertensies en borgskappe
• nuwe projekte
• LitNet Akademies
|
Imke van Heerden – Inhoudsbestuurder (Engels) | Content Manager (English)
 |
Imke van Heerden het einde 2009 ’n meestersgraad in Engels (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het in 2002 as medewerker by LitNet aangesluit. Sy is tans besig met 'n PhD in letterkunde aan die Universiteit van York.
Kontak Imke by imke@litnet.co.za vir navrae oor Engelse inhoud met betrekking tot boeke en skrywers.
Imke van Heerden obtained a master’s degree in English (cum laude) from the University of Stellenbosch at the end of 2009. She joined LitNet as editorial member in 2002 and is currently doing a PhD in literature at York University.
Contact Imke at imke@litnet.co.za for enquiries about English content relating to books and writers.
|
Naomi Meyer – Inhoudsbestuurder | Content Manager
 |
Naomi Meyer is 'n niepraktiserende prokureur. Ná haar regstudie en klerkskap in Bloemfontein voltooi sy haar meestersgraad cum laude aan die Universiteit van Kaapstad in die Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n eenman-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman Ruik jy die Filmster het in September 2006 by Tafelberg verskyn.
Kontak Naomi by naomimeyer@litnet.co.za vir navrae oor, onder andere:
• Menings
• Musiek
• Teater
• Kos en Wyn
• Hygliteratuur. |
Bibi Slippers – Redakteur: Nuwe skryfwerk
 |
Bibi Slippers het in 1983 in Bloemfontein uitgebroei. As kind het sy hanslammers grootgemaak en verlore voëltjies aan die lewe probeer hou. Na matriek aan die Hoërskool Empangeni het sy haar Spraak- en Dramalisensiaat verwerf en vir ’n uitvoerendekunste-geselskap gewerk. In 2007 voltooi sy BA-grade in beeldende kuns en tale (beide met onderskeiding) aan die Universiteit van Pretoria. Sy het ook ’n diploma in vryskut joernalistiek van die New Zealand Institute of Business Studies. Sy is tans besig met ’n MA-graad in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Van haar gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme 4 en Letter to South Africa.
Kontak Bibi by bibi@litnet.co.za vir navrae oor, onder andere:
• Gedigte/Poetry
• Kortverhale/Fiction
• Skryfkompetisies. |
Nicky Grieshaber – Taaladviseur | Language advisor
 |
Nicky het ’n eeu gelede aan die Universiteit van (KwaZulu-) Natal in Pietermaritzburg begin doseer. Op 40-iets bedank hy en is nou eiebaas-taal-iets – trying to keep Etienne and the content managers happy (since 2001) while also translating, copy-editing, copywriting, producing books for other people, and doing various other bits and pieces. He’s married to Marilyn, who is a part-time teacher and also bakes the meanest chocolate cakes on earth. Their children, Denver, Beverley and Curran, daughter-in-law Tessa and grandson Evan, are the greatest, en Pietermaritzburg bly vir Nicky steeds die lekkerste stad om in te woon en te werk.
|
Elzette Steenkamp – LitNet Akademies: Produksiebestuurder
 |
Elzette Steenkamp het onlangs ’n PhD in Engels aan Rhodes Universiteit voltooi. Sy is sedert 2012 betrokke by LitNet.
Kontak Elzette vir navrae oor LitNet Akademies by elzette@litnet.co.za.
|
Henry Cloete – LitNet: Inhoudsbestuurder
 |
Henry het in 2006 sy honneursgraad in sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sedertdien is hy werksaam as joernalis en het al spore by Volksblad, Rapport en Nuus24 getrap. Hy woon in Tuine, Kaapstad, en het in Julie 2012 as inhoudsbestuurder by LitNet aangesluit.
Kontak Henry vir navrae oor LitNet-inhoud by henry@litnet.co.za.
|
Gerdus Senekal – Sing ’it: Produksiebestuurder
 |
Gerdus Senekal het in 2010 sy honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, asook algemene teksredaksie en vertaling, voltooi. Hy sluit in Julie 2012 by die LitNet-span aan. Hy is ’n musiekverslaafde, is lief vir boeke en mites, en word deur sy vriende as ’n Nazi beskou wat spelfoute aanbetref.
Gerdus is die projekbestuurder van die opwindende Sing ’it-kompetisie vir 2012/13. Kontak hom in hierdie verband by gerdus@litnet.co.za.
Gerdus Senekal obtained his honours degree in Afrikaans and Dutch literature, as well as general text-editing and translation, in 2010. He joined the LitNet team in July 2012. He is a music junkie, loves books and myths, and is regarded as a grammar Nazi by his friends.
Gerdus is the project manager for the exciting Sing ’it competition for 2012/13. Contact him in this regard at gerdus@litnet.co.za.
|
Francis Galloway – LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) Redakteur
 |
Francis Galloway is ’n onafhanklike navorser op die terrein van boekstudie/boekgeskiedenis en stigterslid van die Suid-Afrikaanse Boekgeskiedenis-groep. Sy is die redakteur van die geesteswetenskaplike afdeling van die geakkrediteerde aanlyn-vaktydskrif LitNet Akademies. Sy dien in die redaksie van die internasionale vaktydskrifte Book History en Logos – Journal of the World Publishing Community en is lid van die keurkomitee van die George A & Jean S DeLong Book History Prize, wat jaarliks vir die beste boek op hierdie terrein toegeken word. Sy het haar loopbaan begin as dosent in Afrikaanse letterkunde aan die destydse Universiteit van die Noorde; daarna was sy lid van die SENSAL-span by die RGN en akademiese uitgewer by Van Schaik-Uitgewers; van 1999 tot 2009 doseer sy uitgewerswese aan die Departement Inligtingkunde van die Universiteit van Pretoria. Sy was die samesteller van ’n jaaroorsigreeks oor die Suid-Afrikaanse letterkundesisteem en projekleier van twaalf verslae oor die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Die afgelope tien jaar publiseer sy gereeld navorsingsartikels oor die plaaslike boeklandskap en neem deel aan die jaarkongresse van die Society for the History of Authorship, Reading and Publishing (SHARP) en ander internasionale forums vir boekstudie. Sy het ’n DLitt-graad behaal aan die Universiteit van die Vrystaat en is die skrywer van die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur.
Kontak Francis by francis@litnet.co.za vir navrae oor:
• LitNet Akademies: Geesteswetenskappe.
|
Jannie Hofmeyr – LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) Ereredakteur
 |
Jannie Hofmeyr is professor van biokompleksiteit en biochemie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy sedert 1975 aan die Biochemie-departement verbonde is.
Klik hier vir sy volledige profiel.
|
Hendrik Geyer – LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) Ereredakteur
 |
Hendrik Geyer is professor in teoretiese fisika aan die Universiteit Stellenbosch en Direkteur van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS).
Klik hier vir sy volledige profiel.
|
Dirk Laurie – LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) Redakteur
Johann Neethling – LitNet Akademies (Regte) Redakteur
 |
Johann Neethling is gebore in Clocolan in die Oos-Vrystaat en het grootgeword as ’n “boy from Bethulie” (Patrick Mynhardt) in die Suid-Vrystaat. Na matriek in 1963 behaal hy sy BA LLB aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Hy verwerf ’n LLM aan die Universiteit van McGill in Montreal, Kanada en in 1976 ’n LLD oor die reg op privaatheid aan Unisa.
Klik hier vir sy volledige profiel. |