"Vra maar die mediese navorsers wat reeds meer as drie dekades lank stry om die slim MI-virus te uitoorlê en ’n teenvoeter vir die dodelike vigs te kry waarheen die virus onvermydelik op pad is as dit eers vastrapplek in die mens gekry het: Dis evolusie, daagliks, voor ons oë aan die gebeur."
"Ons bring twaalf jaar van ons kort lewe op die skoolbanke deur, sterk onder die invloed van onderwysers wat ons verstand kan vorm, stuur en manipuleer om feitlik enigiets te glo."
Het jy ’n idee om wiskunde en die natuurwetenskapvakke uit die klaskamer te haal en dit aan te pas vir ’n nuwe generasie tegnogeletterde leerders? LitNet Akademies Kuberklas wag voorstelle in vir wiskunde- of wetenskapskoolprojekte.
"Dit het tyd geword om bewese en beproefde wetenskaplike kennis weer sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse samelewing te gee."