WF 2012: Papie
Emlyn Allwright
"’n Vlinder draai stadig oor die gras en ek stop om ’n video te neem. 'Videokamera,' sê ek duidelik en fokus op die bloedrooi vlerke. ’n Polsende rooi kolletjie verskyn in die hoek van my helmkap en ek volg die vlinder met my oë om dit af te neem. Na ’n paar sekondes dartel hy, asof hy skaam is, agter die bosse in en ek deaktiveer die opnemer."