Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Regte)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Regte)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
 

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R7 000 per portuurbeoordeelde regte-artikel of R3 500 per portuurbeoordeelde aantekening of vonnisbespreking direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Lesse te leer vir die grondwetlike beregting van die reg op toegang tot voldoende voedsel
Anél Gildenhuys
2014-12-15

Hierdie artikel kyk kortliks hoe die konstitusionele hof reeds ander sosio-ekonomiese regte bereg het, ten einde 'n voorspelling te maak van hoe die hof die reg op toegang tot voldoende voedsel moontlik sal interpreteer.


Lees artikel | Read article
 


article

Beheer- en toesiggeveg oor 'n kind

Gustaf Pienaar

"Regter King van die Hooggeregshof in Kaapstad begin sy interessante uitspraak van vroeg in 1994 in McCall v McCall deur daarop te wys dat Amerikaanse paartjies wat skei, die gebruik het om vir hulle vriende 'n groetekaartjie te stuur met die woorde 'The war is over, we are divorced.'"

article

Bied die hof geregtigheid vir die mishandelde persoon?

Louis Awerbuck

Louis Awerbuck sluit aan by Rinda Botha se betoog oor die onbenydenswaardige posisie waarin slagoffers van mishandeling hulself in die hof bevind.

article

Een honderd jaar later: die Swart Grond Wet 27 van 1913

Juanita Pienaar

"Wat was die impak van die Swart Grond Wet en hoe word die nalatenskap daarvan vandag in regstegniese sin aangespreek?"

article

Slim Wim kom huis toe

Jean Oosthuizen

Die aangewese Matierektor, Wim de Villiers, het groot planne vir die Universiteit Stellenbosch. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy aanstelling en wou by hom weet hoe klop sy hart oor Afrikaans en wat is sy drome vir Matieland. 

article

Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg

Bernard Wessels

"In hierdie artikel word van ’n vergelykende regsperspektief gebruik gemaak ten einde alternatiewe benaderings tot feitelike kousaliteit in ter sake probleemgevalle krities te evalueer."

article

Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde

Linda Schoeman-Malan

"Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die 'bloedige hand' wat ’n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels."

article

Nahuwelikse onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling stante matrimonio

Neil van Schalkwyk

"In hierdie aantekening val die fokus op die geldigheid al dan nie van onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling."