LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van toegepaste natuurwetenskaplike aard. Die been is, naas Basiese Natuurwetenskappe, ’n onderafdeling van LitNet Akademies (Natuurwetenskappe). Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. LitNet Akademies (Natuurwetenskappe | Toegepaste wetenskappe) skakel nou met LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) en die onderafdeling Basiese Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe en Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.