LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van basiese natuurwetenskaplike aard. Die been is, naas Toegepaste Natuurwetenskappe, ’n onderafdeling van LitNet Akademies (Natuurwetenskappe). Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. LitNet Akademies (Natuurwetenskappe | Basiese wetenskappe) skakel nou met LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) en die onderafdeling Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe en Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Jaco Barnard-Naudé gee sy mening oor Jane Alexander se regstappe teen "zef-groep" Die Antwoord.
In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.