Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van natuurwetenskaplike aard. Die been word verdeel in twee onderafdelings Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe en Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R15 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde natuurwetenskappe-artikel direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.


Natuurwetenskappe-redakteur
Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch
E-pos: rednatuur@litnet.co.za
Bioskets

Naasbeste benadering met gladstrykers
Carl Rohwer, Carl Rohwer
2011-08-24

In hierdie artikel word relevante gevestigde resultate opgesom wat presies dit bewys: alle operatore soos S het Sx tussen twee benaderings ULx en LUx tot x, wat dieselfde beeldversamelings het.

Lees artikel | Read article
 
Dagbreek Trust
LitNet
article

’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje

Jannie Pretorius

Die behoefte aan suksesvolle rolmodelle vir skoolleiers in die sukkelende Suid-Afrikaanse onderrigstelsel dien as begronding van en motivering vir hierdie studie. In hierdie navorsing is waarderende onderhoude met ses onderwysers en sewe leerders van die Christelike en Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje gevoer om ʼn profiel van Emme-Lancia Veronique Faro – ʼn buitengewone voormalige hoofmeisie van die skool – saam te stel.

article

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren

In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.

article

LitNet Akademies (Regte): Inligting

LitNet

LitNet Akademies (Regte) is nou oop vir voorleggings.