Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, Regte en Geesteswetenskappe. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R10 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde godsdienswetenskappe-artikel direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)
E-pos: pgdevilliers@mweb.co.za
Bioskets

Betlehem én Beaufort-Wes is beautiful: Die ontwikkeling van ’n intertekstueel-inkulturerende homiletiese praxis-model
Cas Wepener, Cas Vos
2013-05-15

"Die oogmerk van hierdie bydrae is om, met verwysing na die twee dorpe Beaufort-Wes en Betlehem en die wyses waarop hierdie dorpe en soortgelyke ruimtes in verskillende kunsvorme tot uitdrukking gekom het, aan te toon watter moontlikhede die kunste vir die homiletiese proses bied."

Lees artikel | Read article
 
Dagbreek Trust


article

Oproep om artikels: Karoofokus vir LitNet Akademies

LitNet

LitNet Akademies beoog ’n reeks artikels oor onderwerpe rakende die Karoo en wag voorstelle vir artikelvoorleggings in.

Wie behoort die gespreksgenote te wees van Ou-Testamentiese Etiek as ’n onderafdeling van die Ou-Testamentiese Wetenskap?

Christo Lombaard

Die Ou-Testamentiese Etiek word in hierdie artikel in oënskou geneem vir sover dit die plasing daarvan binne die Ou-Testamentiese Wetenskap en die implisiete gespreksgenote daarvan aangaan. Enkele opmerkings word gemaak rondom die  ...

article

Die mistieke dimensie en kontemplatiewe aard van die kreatiewe daad by Sheila Cussons

Carine Janse van Rensburg

Hierdie artikel gee ʼn beskouing van dié digterskapsverse van Sheila Cussons waarin eerstens die mistieke, en tweedens die kontemplatiewe, die grondslag vorm.

article

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Bekendstelling

LitNet

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) is oop vir voorleggings.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Inligting

LitNet

Inligting oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling.