Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Regte. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R10 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde geesteswetenskappe-artikel direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje
Jannie Pretorius
2012-02-21

Die behoefte aan suksesvolle rolmodelle vir skoolleiers in die sukkelende Suid-Afrikaanse onderrigstelsel dien as begronding van en motivering vir hierdie studie. In hierdie navorsing is waarderende onderhoude met ses onderwysers en sewe leerders van die Christelike en Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje gevoer om ʼn profiel van Emme-Lancia Veronique Faro – ʼn buitengewone voormalige hoofmeisie van die skool – saam te stel.


Lees artikel | Read article
 
Dagbreek Trust
LitNet
article

LitNet Akademies (Regte): Inligting

LitNet

LitNet Akademies (Regte) is nou oop vir voorleggings.

article

’n Jungiaanse perspektief op die reekstekeninge van ’n seksueel mishandelde kind

Carel van Wyk

’n Groot aantal kinders is slagoffers van seksuele mishandeling. Hierdie slagoffers presenteer met ’n wye verskeidenheid biopsigososiale gevolge wat hulle sosiale en emosionele ontwikkeling strem. Dit impliseer dat terapeutiese hulpverlening vir hulle ...

article

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme

Michael le Cordeur

Hierdie artikel ondersoek eerstens die waarde van moedertaalonderrig vir leerderprestasie teen die agtergrond van die lae vlak van geletterdheid en syfervaardigheid.

article

Ontronding in Kharkamsafrikaans?

Daan Wissing

Ek doen in hierdie artikel verslag van ’n ondersoek na die moontlike aanwesigheid van ontronding as fonologiese proses in Kharkamsafrikaans, ’n Namakwalandse variëteit van Afrikaans. Die twee vokale /9/ (die SAMPA-ekwivalent van IPA se ...