Filter artikels | articles:   "Kopstukke | Brainy  Oopkop | Mindful  Ligweg | NoSweat

LitNet Akademies (Regte)

Akademies | Academic > LitNet Akademies | LitNet Academic > LitNet Akademies (Regte)




Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se SeminaarKamer en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir die Basiese en Toegepaste Natuurwetenskappe, asook Geesteswetenskappe. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
 

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies betaal R15 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde regte-artikel of R3 000 per portuurbeoordeelde gepubliseerde aantekeninge of vonnisbesprekings direk aan die navorser.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Aantekeninge: Die reg op kennis van die eie afstamming
Johann Neethling
2012-05-17

"Die belangrikheid van die reg op kennis van die eie afstamming beteken nie dat dié reg absoluut geld nie, aangesien dit in botsing kan kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid van die biologiese ouers."


Lees artikel | Read article
 
Dagbreek Trust