Adverteer op LitNet

LitNet kan ’n unieke advertensieveldtog rondom jou handelsmerk bou. Praat gerus met ons, ook as jy ’n langtermynborg wil word. Stuur ’n e-pos aan ads@litnet.co.za vir meer inligting.

Hier is ons riglyne.

Wisselbare baniere bo aan die ruimte

(Klik op banier vir ware grootte)

  • Ons vra R6 000 per week vir so ’n advertensie, 728 pixels breed en 90 pixels hoog.
  • Of ons vra R100 per 1 000 bladsigte bo aan die webruimte, 728 pixels breed en 90 pixels hoog. Hierdie baniere mag mekaar afwissel – ’n besoeker kan dus met elke klik ’n ander banier sien.
  • Dus:
    • R300 gee 3 000 bladsigte.
    • R3 000 gee 30 000 bladsigte.
  • Die baniere verskyn bo aan ons blad op rekenaars en selfone.
  • Ons verkies dit as die kliënt self die banier ontwerp, maar ons kan help teen R300 per 30 minute of ‘n deel daarvan.
  • Baniere kan deurklik na ’n ruimte van die kliënt se keuse, of dit kan gaan na ’n betaalde advertensieteks op LitNet. (Sien relevante hofie.)
  • Sou ’n kliënt R2 500 of meer spandeer aan baniere, word die eerste 500 woorde van die advertensieteks gratis gelaai.
Vaste baniere, hulle wissel nie, word op elke bladsy vertoon (run of site)
  • Ons vaste baniere, wat mekaar nie afwissel nie, word verkoop vir tussen R1 500 en R3 500 per week.
  • Op ’n rekenaar se websnuffelaar vertoon hierdie blokkies aan die regterkant van die bladspieël; op ’n selfoon verskyn hulle onder aan die berig.
  • Hierdie blokkies word op elke bladsy bedien (in Engels run of site).
  • Die blokkies is altyd 300 pixels breed en gewoonlik 100 of 150 pixels hoog (ons kan oor die hoogte onderhandel).

  • 300 pixels breed, 150 pixels hoog  

  • 300 pixels breed, 100 pixels hoog
  • Die koste word bereken volgens die hoogte (in pixels) en die posisie op in die kolom.
    • 300 x 150 heel bo: R3 500 per week
    • 300 x 100 heel bo: R3 000 per week
    • 300 x 150 onder toe: R2 000 per week
    • 300 x 100 onder toe: R1 500 per week.
  • Ons verkies dit as die kliënt self die banier ontwerp, maar ons kan help teen R300 per 30 minute of ‘n deel daarvan.
  • Baniere kan deurklik na ’n ruimte van die kliënt se keuse, of dit kan gaan na ’n betaalde advertensieteks op LitNet. (Sien relevante hofie.)
  • Sou ’n kliënt R2 500 of meer aan baniere spandeer, word die eerste 500 woorde van die advertensieteks gratis gelaai.
Nuusbriefbanier

Ons kan ’n banier soos hierdie een (800 pixels breed en 200 pixels hoog) in ons nuusbrief plaas teen R5 000 per plasing.

(Klik op banier vir ware grootte)

  • Ons verkies dit as die kliënt self die banier ontwerp, maar ons kan help teen R300 per 30 minute of ‘n deel daarvan.
  • Baniere kan deurklik na ’n ruimte van die kliënt se keuse, of dit kan gaan na ’n betaalde advertensieteks op LitNet. (Sien relevante hofie).
  • Die eerste 500 woorde van die advertensieteks word gratis gelaai as hierdie banier gekoop word.
Betaalde advertensies

Tekste

  • LitNet sal tekste (insluitende persverklarings) wat in keurige taal gelewer word en wat aan ons redaksionele beleid voldoen, binne twee werksdae op LitNet plaas, teen ’n tarief van R1 000 per 500 woorde, of ‘n deel daarvan. Dit sal soos ’n gewone persverklaring voorkom.
  • Kliënte wat R2 500 of meer aan baniere spandeer, kry die eerste 500 woorde gratis.
  • Hiermee saam bied ons die volgende:
    • By plasing sal die redaksie hierdie verklaring ook op LitNet se Facebook-blad deel, en dit sal ook op LitNet se Twitterblad gedeel word.
    • Hierdie verklarings sal ook gelys word op LitNet se nuusbrief wat een maal per week uitgestuur word.
  • Die redaksie behou die reg voor om nie ’n advertensie te aanvaar nie, en ook om bo aan ’n inskrywing te noem dat dit ’n betaalde plasing is.
  • Let asseblief daarop dat tekste waarvan die taal swak versorg is, óf teruggestuur sal word, óf deur ’n persoon van LitNet se keuse geproeflees sal word. Sou LitNet ’n proefleser aanstel, sal dit plasing vertraag en sal die proefleestarief by die faktuur aan die kliënt gevoeg word.

Beeldmateriaal

  • LitNet plaas ’n generiese afbeelding saam met elke verklaring, betaald of nie.
  • Sou ‘n persverklaring vergesel word van ’n keurige ontwerp (650 pixels breed en 400 pixels hoog), sou dit plasing vergemaklik en die impak verhoog. Let asseblief daarop dat sosiale media, soos Facebook, deesdae by geleentheid probleme het as bestaande en herkenbare logo’s op die ontwerp is – selfs al behoort dit aan die regspersoon wat die afbeelding gestuur het. Sodanige materiaal mag nie kopieregwetgewing of Facebook se standaarde oortree nie. Die redaksie van LitNet behou ook die reg voor om ’n afbeelding nie goed te keur as dit nie aan ons standaarde voldoen nie.
  • LitNet kan help om ’n afbeelding te skep. Ons tarief is 300 per 30 minute of ‘n deel daarvan.
  • Enige ander beeldmateriaal mag die betaalde teks vergesel, en waar moontlik sal dit saam met die persverklaring geplaas word, maar dit is nie ’n gegewe nie. Let asseblief op dat LitNet nie beeldmateriaal van breër as 600 pixels kan akkommodeer nie.
Persverklarings (Gratis diens)
  • LitNet plaas gereeld persverklarings van ons borge.
  • As ’n diens aan ons gemeenskap plaas ons ook ’n aantal persverklarings van ander instansies.
  • Enige persoon of regspersoon mag persverklarings voorlê. Indien die redaksie tyd en kapasiteit het, en indien die verklaring binne die breë raamwerk van LitNet se mandaat val, sal ons poog om sodanige verklarings te plaas.
  • Let egter asseblief op die volgende:
    • Kort verklarings met uitstekende taalversorging kry voorrang.
    • Geen waarborg kan gebied word dat ’n verklaring geplaas sal word nie, selfs al pas dit binne ons mandaat.
    • LitNet plaas ’n generiese afbeelding saam met elke verklaring.
    • Sou die persverklaring vergesel word van ’n keurige ontwerp (650 pixels breed en 400 pixels hoog), sou dit plasing vergemaklik. Let asseblief daarop dat sosiale media, soos Facebook, deesdae probleme het as bestaande en herkenbare logo’s op die ontwerp is – selfs al behoort dit aan die regspersoon wat die afbeelding gestuur het.
    • Enige ander beeldmateriaal mag die verklaring vergesel, en waar moontlik sal dit saam met die verklaring geplaas word, maar dit is nie ’n gegewe nie. Let asseblief op dat LitNet nie beeldmateriaal van breër as 600 pixels kan akkommodeer nie.

 

Top