Medewerker | Contributor

Elza Smal
Bioskets | Biography
 
Elza Smal (nee Dippenaar) is gebore op 14 Junie 1959 te Kimberley en woon tans in Vredendal teen die Weskus. Sy is getroud met Lennox Smal en het vier kinders: Theresa, Rowland, Johann en Mark. In 2005 word sy deur die ASV gevra om aan ’n voorleesprogram by die Cederbergfees te Clainwilliam op te tree. Sy woon kreatiewe slypskole vir digters te Universiteit Stellenbosch en Potchefstroom by.

Na ’n kreatiewe skryfskool vir beginners word sy deur die ASV aangewys as Maskam Streekverteenwoordiger-koördineerder. Sy word betrek by die Maskam Storievertellers Vereniging te Vredendal en word op die bestuur aangestel. Sy reël twee suksesvolle kreatiwiteit werkswinkels vir die plaaslike tak van Kuns en Kultuursake, te Brandsebaai.


Woordkunsoggende word ook suksesvol deur haar gereël en gelei. Radio Namakwaland ’n gemeenskapsradiostasie nooi haar, saam om by Eben Cruywagen ’n afrondingsradiodrama kursus by te woon. Van haar gedigte word op die plaaslike radiostasie voorgelees. Vier van haar gedigte is deur leerders voorgedra by die Eisteddfod waar goud en dubbele goud verwerf is.


Sy is ook vryskutjoernalis by die plaaslike koerant eish. Negentien van haar gedigte is op ’n CD Pouveer opgeneem en vrygestel. Die CD verwerf ’n toekenning van die ASV as beste debuut album.


Die gedig "Kartondooskind" word in die bundel Departing Dawn opgeneem en kry ’n derde plek in Afrika. "Parstyd" word in die bundel Venturing Vistas opgeneem. Verskeie ander gedigte word in saamry bundels gepubliseer. Vyf van haar Afrikaanse en na engels vertaalde gedigte verskyn in die saamry bundel van EKM Dido Diversity is Power.


Sy is ook fasiliteerder vir storievertel en skryfkuns by verskeie werkswinkels.


Tans is sy besig met die skryf van ’n roman, wat hopelik gou die lig sal sien.


Visuele kuns is op die oomblik ’n stokperdjie. Sy is ook vir 2 jaar agtereenvolgend voorsitter van die Weskus Kunsvereniging. Suksesvolle uitstallings by Lutzville Wynkelder en Dept. Economic Development and Tourism.







Opgedateer/Updated: 2010-02-05

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za

Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za





LitNet