Niel van Deventer woon in Hartbeespoort waar hy as ’n besigheidsontwikkelaar werk. Hy het regte studeer, maar gevind dat dit glad nie iets is wat hy vir die res van sy lewe wil doen nie. Hy glo vas in wat John Lennon gesê het: "Life is what happens while you’re busy making other plans", en probeer dus om sy lewe soveel moontlik te geniet terwyl hy daardie ander planne maak, poleer, en uitvoer. Hy speel ook in verskeie bands, waaronder Radio Suid-Afrika (RIP) en Die Seeleeu Leipoldt Band, en beplan om binnekort ’n soloprojek te loods. Hy is ’n lekker ou.
Opgedateer/Updated: 2009-10-09
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za