Etienne van Heerden is skrywer en Hofmeyr-professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 aanlyn gegaan het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn-boekejoernaal aan 24.com gemaak het. Sedertdien het hy LitNet uitgebou en bestuur. Hy dien as redakteur en mede-eienaar van LitNet in die LitNet-bestuurskomitee en is ook besturende direkteur van die art 21-maatskappy LitNet Akademies, wat die geakkrediteerde inhoud in LitNet se node vir akademiese skryfwerk bestuur.