Medewerker | Contributor

Carina Stander
Bioskets | Biography
 

Carina Stander was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná ’n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria, werk sy ’n paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland en neem deel aan groeps- en solokunsuitstallings. Sy is vryskutjoernalis by ’n aantal tydskrifte en was twee maal Artikelskrywer van die Jaar by die Media24 tydskrif, Lééf. In 2011 was sy finalis vir die AKTV-Mediaveertjie vir die skryf van ’n reisartikel. Sy publiseer in versamelbundels en van haar kortverhale en gedigte is voorgeskryf vir skole. Ná ’n meestersgraad (cum laude) in Kreatiewe Skryfwerk van die Universiteit van Kaapstad, verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg debuutprys en agt van dié gedigte is in Groot Verseboek 2008 opgeneem. Haar tweede digbundel, woud van nege en negentig vlerke verskyn in 2009 by Tafelberg. ’n Handvol gedigte uit dié bundel is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada en die Suid-Afrikaanse musikant, Herman van den Berg. Saam die tjellis, die Ha!man (Francois le Roux) het sy ’n versmusiek CD uitgebring waarop sy 15 van haar gedigte voorlees. Wildvreemd, haar debuutroman, verskyn in 2011 by Tafelberg. Carina woon saam met haar man en twee seuns in die Tsitsikamma.Vir meer inligting, besoek haar webwerf: www.carinastander.com




Opgedateer/Updated: 2011-12-13

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za