Chris van der Merwe is ‘n medeprofessor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. In 1967 het hy ‘n MA behaal aan die Universiteit van Stellenbosch; daarna het hy die graad doktorandus in die Nederlandse Taal- en Letterkunde aan die Universiteit van Utrecht behaal (cum laude), en in 1976 het hy aan die (destydse) Randse Afrikaanse Universiteit die graad DLitt et Phil verwerf met ‘n proefskrif oor die dramas van Hugo Claus.
Hy is die skrywer, medeskrywer of redakteur van veertien akademiese boeke, en het ook verskeie artikels in Afrikaans, Nederlands en Engels geskryf oor die Afrikaanse letterkunde en oor Literêre Teorie. Sy huidige navorsing fokus op narratiewe en trauma, en hy is die skrywer, met Pumla Gobodo-Madikizela, van die boek Narrating our Healing: Perspectives on Working through Trauma (2007)