Medewerker | Contributor

Petrovna Metelerkamp
Bioskets | Biography
 

Petrovna Metelerkamp was teen die berg in Kaapstad klein en het daarna in Pretoria skool en universiteit toe gegaan. Toe is sy via Parys terug Kaap toe. Haar eerste skryfwerk was as joernalis - eers by die Departement van Inligting destyds, toe vir jare en jare by Huisgenoot en Insig.

In 2000 het sy die klein uitgewery, Hemel & See Boeke gestig. Dit gaan voor die wind met die boeke - sy het nou 'n vennoot, Helga Steyn - en 'n mede-uitgewer, Anita le Roux. Hul nuutste publikasie is 'n Blywende vreugde - briewe van Audrey Blignault. Een van die dae verskyn John Kannemeyer se versameling van Peter Blum se briewe, asook Pionne, 'n grensoorlog-boek en 'n "groen biografie" deur Emsie Schoeman.

Een van Hemel en See se topverkopers is Annette Human se Nuwe, beter Kortpadkos. Die ander is Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe, wat al hoeveel keer herdruk is, tesame met Gesprekke oor Ingrid, opnames van gesprekke met mense wat haar goed geken het.

Petrovna glo sy sal nooit ophou boeke maak nie.

Opgedateer/Updated: 2008-10-03

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za