Medewerker | Contributor

Ena Jansen
Bioskets | Biography
 

Ena Jansen het aan die Universiteit van Stellenbosch en Utrecht gestudeer en was 16 jaar lank verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van die Witwatersrand. Tans is sy hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, dosent in moderne Nederlandse letterkunde aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ook


Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het gepromoveer op haar werk oor Elisabeth Eybers, en haar boek oor die digteres, Afstand en verbintenis, het in Suid-Afrika sowel as in Nederland verskyn.



 


Opgedateer/Updated: 2009-12-08


Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za

Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za



LitNet