Medewerker | Contributor

Annie Klopper
Bioskets | Biography
 

Annie Klopper (25) woon in Kaapstad. Sy is redakteur by Protea Boekhuis en musiekkorrespondent vir LitNet. Haar rubriek oor plaaslike musiek op LitNet, getiteld Rockjagter, het gelei tot haar insetsels op RSG onder dieselfde titel.

Annie behaal ’n BA in Geesteswetenskappe asook ’n Honneurs (cum laude) en ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Die titel van haar MA-tesis is Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar. Tans is sy besig om ’n biografie oor Fokofpolisiekar te skryf en lewer sy van tyd tot tyd lesings oor dié groep se lirieke by die Universiteit van Stellenbosch.

In 2008 en 2009 was Annie ’n beoordelaar vir Huisgenoot se Tempo-toekennnings.

As musiekjoernalis wat gereeld saam met en agter bands aan toer, verskyn haar foto's en artikels in onder meer die Huisgenoot, Rapport Tydskrif, Blunt Magazine, Fynproe, Sondag, Die Burger se JIP en KampusBurger, 24 Student Magazine, BRAVO! asook op Wikipedia, die musiekkanaal MK, se webwerf en op LitNet.

Annie was mede-navorser vir die MK-dokumentêr Johnny en die Maaiers, mede-samesteller van die 2007-heruitgawe van Eugène Marais se Die Siel van die mier (Protea), bydraer tot Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar (Sun Media) en van haar gedigte is opgeneem in Penseel 2007 (Universiteit van Stellenbosch) en Versindaba 2008 (Protea).


Opgedateer/Updated: 2009-09-23
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za