Medewerker | Contributor

Ihette Jacobs
Bioskets | Biography
 
Ihette Jacobs woon in Pretoria en is ’n lektor in Afrikaanse letterkunde by Unisa. Sy het aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gestudeer en in 2010 die graad MA cum laude in Afrikaans en Nederlands verwerf, met ʼn verhandeling getiteld “Begrens én onbegrens: Intertekstualiteit in die oeuvre van H.J. Pieterse”. Sy is tans besig met die voorbereiding vir ’n PhD in Afrikaanse poësie.