Medewerker | Contributor

Joan Hambidge
Bioskets | Biography
 

Joan Hambidge is digter, teoretikus, kritikus en romanskrywer. Haar poësie is bekroon met die Eugène Marais-, Litera- en Poetry Institute of Africa-pryse en daar het al sestien bundels uit haar pen verskyn. Sy het ook drie romans gepubliseer. Lykdigte is reeds in die tweede druk en was sowel Beeld as Die Burger se boekklubboek van die kwartaal. Haar jongste bundel, Ruggespraak, verskyn in November 2002.


Haar belangstelling in literêre teorie, veral die psigoanalise en metafiksie, vind neerslag in haar kreatiewe werk. In Judaskus word die versoening tussen teorie en praktyk byvoorbeeld vernuftig uitgewerk. Etlike artikels oor Roland Barthes, dekonstruksie en ’n studie oor die Postmodernisme (1995) is van haar bekendste teoretiese bydraes. Sy behartig 'n weeklikse reisrubriek, Wegkomkans, vir Die Burger en is 'n aktiewe resensent.


Sy is professor in Afrikaans en Neerlandistiek aan die UK. Sy bied onder meer ’n kursus in kreatiewe skryfwerk aan, en ook ’n MPhil in kultuurstudies.





LitNet