Medewerker | Contributor

Alta Cloete
Bioskets | Biography
 

Alta Cloete is ’n Bolandse skrywer van romantiese en inspirerende fiksie.

Ongeveer vyftig tydskrifverhale asook tien romanses en vier liefdesromans het al uit haar pen verskyn. Aangesien sy op amper vyftig eers werklik begin skryf het, hoop sy om tot minstens tagtig te kan aanhou.

Wanneer sy nie skryf of na haar oorsese kind verlang nie, probeer sy Afrikaanse boeke op die internet en sosiale media bevorder.

Sy is op die volgende plekke te kry:

Skrywersprofiel by https://www.facebook.com/Alta.Cloete.Skrywer
Die Facebookgroep Kom ons lees weer Afrikaans!
Persoonlike blog by www.altacloete.wordpress.com
Goodreads op Facebook
Books LIVE