Medewerker | Contributor

Daniel Hugo
Bioskets | Biography
 
Daniel Hugo is 'n spesialis-omroeper by RSG. Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in Windhoek en behaal die graad BA Honneurs (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Stellenbosch. Op Stellenbosch was hy 'n lid van DJ Opperman se "Letterkundige Laboratorium". Van 1980 tot 1988 is hy lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit Leuven in België. In 1989 word 'n DLitt aan hom toegeken vir 'n proefskrif oor die vernufpoësie in Afrikaans. Vanaf Oktober 1988 is hy verbonde aan die SAUK in Kaapstad. Daniel Hugo is die skrywer van 'n hele aantal digbundels - die jongste is Die twaalfde letter (2002). Hy het doen ook vertaalwerk uit Nederlands - Liefde, miskien van Herman de Coninck en Die aanslag van Harry Mulisch is voorbeelde van sy vertaalde werk. Hy is al deur die ATKV, SAUK en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy radiowerk. Hy is getroud met Carina Diedericks-Hugo, 'n skrywer van jeugboeke.


Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za