LM (Lézelle) Jacobs is ’n lektor in die Departement Handelsreg aan die Universiteit van die Vrystaat. Haar vakgebiede is hoofsaaklik maatskappyereg en likwidasie- en Insolvensiereg.
Sy behaal die grade LLB (2009) (summa cum laude) (UV) en LLM (2012) (UV). Haar verhandeling handel oor die nuwe ondernemingsreddingsmodel soos in die 2008-Maatskappywet vervat.
Sy het ook ’n artikel vir die internasionale tydskrif The Company Lawyer geskryf wat in 2012 gepubliseer is.
Lézelle is ook ’n prokureur, tans op die niepraktiserende rol.