Medewerker | Contributor

Dewald Koen
Bioskets | Biography
 

Dewald Koen matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth. Hy studeer aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit waar hy die volgende grade behaal: BA (Afrikaans/Nederlands en Engels), BA Hons (Afrikaans), Nagraadse Sertifikaat in Onderwys en MA (Afrikaans & Nederlands). Sy tesis is getiteld: “’n Ontleding van die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by Verstek”. Dewald is tans Afrikaans-onderwyser by Kingswood College in Grahamstad.