Medewerker | Contributor

Chutney de Ridder
Bioskets | Biography
 
Chutney de Ridder is sedert die vroeë 1990’s ’n musiekrubriekskrywer, resensent, uithanger by paarties waar oorspronklike musiek gespeel word, drinker van (onder meer) tequila en Ierse whiskey, skieter van poolballe, amateur-mondfluitjiespeler, LP- en CD-versamelaar, liefhebber van uitsonderlike rock, alt country, lo-fi en ’n genre wat hy Sad Bastard Music gedoop het, ontmoeter van David Bowie in ’n jazzklub in Kaapstad, voormalige draer van ’n Frank Zappa T-shirt met die boodskap “Heavy Shit Man” (dis eenkeer by Oppikoppi gesteel) en oor die algemeen vriendelike bra, solank jy nie met jou doef-doef-treffers in sy ore kom peuter nie.


Spesiale projekte | Special projects