Marelize Botes het haar PhD in Mikrobiologie in 2008 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is tans ’n nadoktorale navorser in waternavorsing onder leiding van Eugene Cloete. Haar navorsing behels die toepassing van nanotegnologie in waterfiltrasie en die beheer van biofilm-groei in waterfiltrasiestelsels. Sy is mede-outeur van dertien eweknie-beoordeelde wetenskaplike artikels, mederedakteur van ’n boek, en mede-uitvinder van twee patente.